25 April 2007

Bali

Vrydag 20/04/2007

Andre het my afgelaai by die lughawe amper hopeloos te vroeg, maar nietemin meer as betyds. Alles heel goed, maar ek nie gereken dat ek eers 15:00 se vlug vang nie. Elkgeval: Toe terwyl ons opstap gesels met 'n Suid-Afrikaner en hy het my darem gerus gestel, want met hierdie vreeslike taal is ek natuurlik heeltemal verward...

Hier geland en 'n man van een of ander toer aggentskap het my by die hotel help inboek. Ek weet dit nie so nie, maar ek het 'n ongelooflike wantroue in die mense hier... dit sal seker verander. Die hotel is heel belik en veral na 'n 5ster een in Jakarta is dit so bietjie van 'n aanpassing. Kan nie glo dat ek dit se nie, maar ja... dit is so... Die hotel is in 'n stegie naby een van die besigste strate. En as ek se stegie... dan ja... lyk dit soos een van daai weird plekke waar jy nie eintlik wil wees nie. Maar as jy eers by die hotel is, is dit pragtig...

Elkgeval so bietjie op en af gestap in die duisende winkels... en baie besig en almal smous iets. Darem 'n internet kafee gekry waar ek darem so net-net kon hello so met SA se mense... So 22:00 se kant na bed.

Saterdag 21/04/2007



Vanoggend redelik vroeg op en aangesterk met ontbyt. Bietjie georienteer en toe die stad gaan verken. Na Kuta beach. Deur kraletjies stalletjies etc. Verder een of ander ou my omgepraat om na een af ander ander hotel te gaan vir 'n prys wat ek gewen het, maar dit was natuurlik alles nonsens.... toe stap ek maar aan na nog 'n strandjie waar hulle die boot trippies na Kuta Reef toe maak. Nou weet ek ook waar dit is. Die hotel is redelik sentraal so ek kan darem orals heen stap. Dit neem wel tyd, maar die het ek mos in oorvloed. Middagete by 'n shopping mall 'n paar broodjies gekoop, waarna ek terug hotel toe is om my surfboard te gaan kry.

Kuta beach is 'n vreeslike lang strand. En dit is waar meeste mense kom surf. So redelik crowded, maar daar is so baie waves om te vang, dat niemand moeilik raak nie. Die water is flippen lekker en ek het so amper twee ure ingebly. Toe begin dit donker word en weerlig. Ek was al soortvan oppad uit toe dit begin reen. Laat mens baie dink aan die reen in transvaal. Gestort en bietjie gele en lees. Daarna net gaan stap lang strand. Vir laaaank....

So by skemer tyd sommer gaan sit en kyk hoe die son sak. Toe kom stap daar 'n klomp local (wel... van Oos Java eiland) na my toe en vra of hulle vir hulle engelse taak 'n onderhoud met my mag voer... so darem toe soortvan interesante interaksie.


Daarna gaan eet by die Hard Rock Cafe. Heel interesant om dit te doen. Ek was dalk 'n bietjie vroeg, en ook by gebrek aan geselskap het seker ook nie te veel aan my gedoen nie... So toe terug hotel toe en lekker boek lees...

Sondag 22/04/2007


Sleg geslaap, maar nietemin 8:30 oppad na Medewi. Dit is nou in 'n ramshackle Mitchubishi bussie wat amper so replika van die Suzuki tipe van busie met die twee deure wat ons jarre terug in SA gekry het. Dit alles is natuurlik via-via gereel met amper elkeen wat skuldig lyk met 'n vinger in die paai... nee dit is darem nie regtig so nie, maar dit is amper so vriend se vriend storie... en ek voel net soos die sukker toeris...

Die gawe man wat my rondrits is die einste Komang Indra van Tirta Silajaya Tour & Travel, wat geen een natuurlik mee sal saamgaan as jy die hoegenaam waag om dit via die internet te book (en dankie tog dit staan nie op sy besigheids kaartjie...). Die trippie neem ons op 'n egte asiese rally, waar 'n getoet en gekarring met ratte die volle 80-100km duur. Gelukkig to ons weer by Soka verby kom word ek verras met die mooiste kus-branders wat ek al gesien het. Die pad hiervandaan na Medewi was baie lekker en ry deur immergroen klowe. By Medewi wag Agung (my vriend van die Hotel waar ek bly) op ons. Die ene vriendelikheid self... en ek moet bief teen die tyd is ek en Indra ook baie meer vertroud met mekaar. Goeie mense...

Hulle help my toe amper daar in die water en ek is oppad na epic waves, want mense... daar is mens plekke langs ons kus waar 'n brander so mooi breek... elke keer amper op die selfde plek met 'n bitter maklike takeoff dat selfs die ses voeters jou nie eens laat twyfel nie... Ek was so plus minis twee ure in en toe besluit om maar terug te gaan. Daar lekker by die informele kaffeetjie gesit en kyk na die toneel voor my. Agung nooi my toe uit vir middagete, want hy bly sommer daar naby. Sy huis is nou spreekwoordelik in die paradys. Klein groen paatjies na die huis toe in kom ons se dan nou maar: Rural Bali... maar jy weet amper nie daar mense verder op in die woud is nie. Elektrisiteit en alles. Daar bring sy vrou 'n volgang maal: Rys, vis en 'n stukkie vleis op 'n weird stokkie en kokosneut gereg! Wow. Baie lekker, maar mens moet maar wild na die sakdoek gryp, want die goeters is warm! “Hot-aaah, velly hot!” Daarna het Agung my die rivier gewys en toe ons eers daar geswem. Pragtigste skoon rivier, waarin almal was, ens, ens vir so odd 100km, so jip... baie versigtig. Terug by die huisie begin fotos neem van die pragtige tuin. Daarna gegroet en toe weer vinnig twee waves by Medewi gaan ry.

Kris-Kros oor die bulte terug met 'n slap regs na Tanah Lot temple toe. Fotos geneem, rondgestap en die plek bewonder en 'n ysteetjie gedrink. Terug in Kuta: Veilig en ongedeerd. Is ek deur 'n stort en opsoek na Warrung 69. Gekry en toe vir seker die lekkerste ete nog: Want honger is mos die beste kok. Internet en terug kamer toe om skets te skryf, te lees en te kiep...

Maandag 23/04/2007

Nog 'n interesante dag met Tirta Silajay Express... Die mannetjie (Indra) wag my al so 8:45 in by die hotel... dit is nadat ek gou rondgeskarrel het om geld te wissel en tande te borsel. Vandag is dit Ulu Watu, maar voor ons daar heen oppad is, eers gaan kyk by Naso Dau.

Dit is 'n stunning plek, met 'n reef wat diep in breek. Daai tipiese prentjies op poskaarte en vakansie advertensies: Meeste van hulle is seker maar hier geneem. Ek het so ent gestap en fotos geneem. Die pad soontoe en terug is ook lekker Net groen bome en woude rondom.
Elkgeval dit weer vinnig versteur toe ons na Dreamland naby Ulu Watu. Daar afge-hink-e-pink oor klippe en stuff. Onder in die see by 'n absolute stille oseaan. Well... toe ek later iemand vra: Dit is immer hoogwater... ai toggie... Ek sit eers daar op 'n reef wat belowend lyk maar tot my spyt kan selfs die wat dik is nie eers gery word nie... ai toggie... hy bruis maar net so bietjie oor die reef en dan breek hy met 'n tiepiese Pringlebaai-beachbreak so paar meter op die strand. Oor gepaddle na die left wat breek en daar ook nie veel beter nie. So omtrent so uur later is ek maar terug by my vriend en is ons oppad na Pedang-pedang!

So die eerste dag op Bali het ek in so paar mense vasgeloop ('k dink Ausies) wat ek gevra het oor Ulu Watu. Hulle vra toe of ek nog leer, en natuurlik se ek, “Nope, I'm alright...!” Elk geval... dalk leer ek nog... Daar teen die kranse tussen geboutjies en stalletjies en dinge en mense afgestap tot in 'n grot. Ok... nou hoe nou... en toe onthou ek wat die Ausies gese het: “Deur die grot en dan paddle jy om uit die rip (stroom) uit te kom. En dan paddle jy om agter te kom en as jy wil uitkom: Mik vir die klein strandjie en dan kry jy hopelik die grot raak, 'Mate'!” So toe is ek darem daardeur die grottjie en toe ek sonlig sien is dit nog voor ek kon se “surf” en die stroom het my. Ek sien hoe ek hier moet paddle of hulle tel my by Kuta beach op... gits... so toe paddle ek my armpies flou... Kom agter en sit seker so halfuur daarond met groot oe en 'n hart wat in my keel klop: Ok, so hierdie groot goeters gaan ek ook nie ry nie, en op een of ander manier moet ek uit... want dit is nie nou meer lekker nie! So toe na een van die Ausies vir my se: “Better surf off to ya left, mate!”, was dit seker die teken om maar om te draai as om eerder biejie meer left te le... So met so 'n stilte begin so bietjie paddle en moet opskraap om te kyk of daai strandjie wel haalbaar is, en nee: Ek dink nog geen man het daar voet gesit nie... in elkgeval nie met 'n surfboard in die hand nie... Maar gelukig met sewe slukke sout water is ek toe uiteindelik met nog grootter oe in die grotjie en sowaar “ding” (kap) ek nog my surfboard neus (Rp.80000) ook.
So bo terug by Indra, en hy is heel verbaas dat ek terug is. Verduidelik toe my storie en vergryp my eers na Coke om nodige suikervlakke te herstel. Eet nog so bietjie noodles en eiers en neem maar fotos etc.etc...

So later die middag (na bord gerepereer en middag slapie ook al buite die kwessie was) suiker ons toe in die Mitchubishi oor bulte en dale na die “Pemerintah Kabupaten Budung” Hindu tempel. Met 'n blou sarrong en bandjie-dingetjie begin Indra heeltemal liries gaan oor die tempel en stout apies en neem foto hier en neem foto daar. So aan die een kant asof dit die hoogtepunt is, maar ook asof dit al so ingeoefen is.

Laaste stop is Jinbaren hawe, waar hy van hierdie een plek weet waar jy kos per kg kan koop. So met my gebrek aan cash na die surfboard ding Sit ek met 'n skamele hoeveelheid geld in my beurs, in seker een van die amper mees idiliese Bali'se omgewing: Sonnetjie wat sak, waters wat kabbel en bootjies op die water. So hier sit ek (en ek moet eintlik vir my 'n vreeslike grand stuk kreef of iets bestel) en ek sit met amper geen cent op my in hierdie plek waar alles wapper en wys van grand-geit. So toe bestel ek maar die vyf mosseltjies met baie-baie rys en drink my koppie koffie. Die waiters was nie baie gelukkig nie, maar tenminste lekker met van die Ausies gesels... Ingra lag ook net lekker toe ek uitsatp met 'n Rp.1000, d.w.s. R1. Hehe...
Terug by hotel groet ek vir Ingra met seeninge en wense. Drink my welcome drink. Lees my boek klaar en gaan kry gou 'n paar geskenke. Boek vlug en antwoord epos. En fluit fluit...

Dinsdag 24/04/2007

Vanoggend bietjie laat geslaap om maar te begin inkom vir die SA tyd ding... Ontbyt ingepak vir die lang dag en gaan surf. Heel oraait surfie in Kuta beach. Nie wow nie, maar wel lekker. Verder gou al die geld terug gewissel, ingepak en alles gedoublecheck, uitgeboek en begin om rapporte en skets te skryf terwyl ek vir my lift na die lughawe wag.

Epic toer en Indos sien my weer!!

Eerste Post

Hi almal

Ek sit nou hier op Kaapstad Internationaal, of is dit nou DF Malan, of was dit dalk al ondertussen ook weer iets anders... (kom ons los dit dan daar....)

Terug van Indonesia na 'n epic surf en het tyd om te verwyl op die lughawe terwyl my Pa vassit in Schlaapstad verkeer.... ai toggie.... en met die insperasie van Dirk en Ilse wat so blog het ek die stap in hierdie rigting geneem... En so die sketse van vrooer in die PDF formaat, maar nou hierop sit. En dit ook op 'n manier bietjie interaktief hou... (gits klink ek nou soos 'n ou omie, wat tog nie tred wil verloor met tyd nie :-) ).

So hier is ons nou: Ek en Kari trou oor minder as twee weke. Wie sou dit nou 'n jaar en 'n maand terug kon se.... (ok so paar van julle....)

Ek sal sommer gou-gou om die Indonesie trippie se skets op die blog sit... want soos ek hier tik, is die alreeds klaar getik...

Groete vir eers
Riaan