05 Mei 2007

Huweliksfees 4-6 Mei 2007!



Soos beloof.... was dit Super-Fantasies...

Die naweek het Vrydag aand begin met 'n lekker gesellig braai. Neefs uit Holland het vir ons die fees-vure aan die gang gehou en ooms en tannies het gebraai en geslaai! Lekker stories wat uitgeruil word en al die lekkers van weer ou bekendes wat weer mekaar sien! Wat 'n gesellige opwarming!

Saterdag, natuurlik die groot dag! En wat 'n dag! Sjoe... al die mense so lekker gesellig-opgewonde. Pragtige mei-dag. En die pragtigste bruid op planeet aarde! :-) Oom (aka Pastoor vlgns. JohanD...) Jurgens het 'n ongelooflike preek oor die ons twee wat vir mekaar verleentheids-wegnemer moet wees, en so Jesus se voorbeeld nastreef in ons huwelik.

Ons het die middag lekker gekuier en die aand was dit groot fees! Die famielie het regtig 'n klomp opvoerings en aktiwiteite gereel wat dit regtig 'n jolyt gemaak het!
Is ons nie bevorig met sulke familie nie!

Die Sondag oggend het ons lekker laaste ontspanne kuier-boere-ontbyt gehad met almal wat eintlik voor ons daar was. Laaste fotos geneem van omtrent almal en nogwat. 'n Hoop geskenke oopgemaak en dit was so lekker om sommer daar vir mense te bedank vir die bydraes tot ons klein begin!

Eer aan onse Hemelse Vader wat vir ons twee op hierdie lewenspad saamgeplaas het!



Geen opmerkings nie:

Projects