14 Oktober 2007

Riebeek Kasteel: 13 Oktober 2007

9:30 het ons almal by die Gerry se plaas begin stap. Ons was omtrent so 21 mense wat die lekker stap aangepak het, as deel van een van die BKSA se klim items.

So omtrent 11:00 was ons by die halfweg stop en daarvandaan met 'n hop-skip en 'n jump is ons bo so 12:00. Die bobejane wat ons oppad gekry het, het ons maar ge-boggom dat ons die karakters laat weet dat ons wel oppad was. Die weer was baie lekker en ons het 'n heerlike tyd daarbo gehad.

Die stap af was baie vinnig, alhoewel ons effens deur 'n digte bos is, a.g.v. 'n verkeerde keuse toe ons by 'n krans af is. Ons was nietemin al onder teen so 13:30.

Dankie aan almal wat saamgekom het. Was baie lekker!

P.S.
Na die tyd terug huis toe en het ons lekker met die uitsig op Riebeek-kasteel berg gebraai en kuier in die amper-laat-somer lig

Geen opmerkings nie:

Projects