28 Desember 2008

Malmesbury Somer Reen

Vandag so vinnig probeer om die lekker koel weer te optimeer met 'n MTB sessie en toe onsself vasgeloop in 'n reenbui ... (die weerburo het ons gewaarsku). Kari wat na 20 minute se pret nog lus was vir meer het gaan draf! Die term "When it rains it pours" het redelik gefeature to na 'n stilte in die storm, die storm met hardereen en blitse neergedaal het. In die bakkie gespring en haar gaan soek. Bietjie teleurgestel toe sy se: "Maar dit is lekker!". Kari het seker gesien dat my ego dalk 'n bietjie geknak kon wees deur die nodelose reddings poging en het toe in die warm bakkie ingespring. Omgedraai en huistoe gesnel. Terwyl ons ry het dit weer wild gereen en die bakkie het nogal gegly op die grondpad (wat intussen 'n rivier geword het). Tuis lekker droog het ons 'n heerlike koffie gedrink om weer die warmte na die lywe te laat terugkeer.

27 Desember 2008

Stellenbosch Bergfiets


Gou vanoggend saam met Wim gaan MTB in Jonkershoek. Lekker met n single track op en toe na die lang downhill vir die af. Wim het mooi die spoedbeperking gehou en ek het net besef dat ek nie moet wag v die spinnerakke op my fiets voor ek hom vir n spin vat nie.

26 Desember 2008

Boothuis skoffel


Vanoggend na Kari se werk gegaan en fotos geneem. Vanmiddag gou die vloer van die boothuis gaan skoonskoffel.

13 Desember 2008

Ysterfontein ontbyt


Sommer vinnig Saterdag oggend gaan inloer op Ysterfontein. Eers gaan inloer by 'n kolega van my (Hano). Wou gaan surf, maar toe net so ver soos die eerste en die beste koffie winkel gekom. Lekker vinnig ontbyt gemaak...

12 Desember 2008

Weer 'n bietjie Mia




Riebeek uitstappie






.
.
.
.
Dit is darm heerlik om 'n week af te he. Ek kan gewoond raak aan die tuisbly-ding!

Ma Marti en Lise het Woensdag en gister hier gekuier. Na 'n vroegoggend (maar reeds warm) fietsrit (ek en Lise) na Susan-hulle se plaas, is ons almal na Riebeek-Kasteel vir ontbyt by die hotel. Lise het die kelner mooi geleer hoe om koffie-melkskommels te maak, en hy het dit verbasend goed reggekry. Dit het net 'n ewigheid gevat en Lise en Susan moes later gaan kyk of hy regkom. Daar was ook 'n groep bikers wat gedink het ons is 'n groep girls wat vir hulle gaan kom dans. Hulle was darm nog steeds vriendelik toe hulle agterkom dat dit nie die geval is nie!

07 Desember 2008

Volstruise op Soutfontein




















Gou 'n foto ingekry voordat ma te kwaai begin lyk het en ons gevrees het vir duike in die kar!

Seil!













Die hele einde van die week is Riaan vreeslik geheimsinnig oor ons planne vir Sondag. Ons gaan dalk iets lekker doen, maar ek mag nie weet wat nie, want netnou sien ek uit en dan gebeur dit nie. Gefluisterde oproepe word hier en daar gemaak, en ek hoor net elke slag dat die planne nog voortgaan, maar ons gaan eers Sondagoggend finaal weet, want dit is weer-afhanklik.
Sondagoggend breek aan, en na 'n paar sms'e en 'n oproep, word ek meegedeel dat ons maar kan gaan. Nou wat moet ek saamvat, wil ek weet. Toe moet ek van alles en nogwat inpak. Stapskoene ('n decoy), hoed, waterklere, warm baadjie, sonbrandroom, ekstra klere vir ingeval ons nat word, 'n paar snacks. O ja en kameras, natuurlik. Soos ons aftravel met die N7, word die opsies een na die ander uitgeskakel. Ons ry suid, so dit is nie iets in die Cedarberge nie. Ons ry verby die Atlantis-afdraai, so dit is nie duine-ry nie. Ons ry verby Rattanga, so ook nie dit nie. Eindelik lyk dit of ons na die waterfront/hawe toe oppad is. Ek het 'n paar keer geraai dat ons gaan seil of roei, maar R het niks weggegee nie. So ek het eers finaal geweet toe ons by die Royal Cape Yacht Club indraai. Lekker om met so iets verras te word!

Daar kry ons toe vir kollega Francois, Paul (wie se seiljag dit is), Kelan, nog twee girls en 'n ou, en Willie, die eienaar van die Orion, wat al om die wereld geseil het saam met sy seun. Na 'n lekker club-ontbyt, bestyg ons die boot ('n FAR-38, Bundi. Pragtige boot), en binne 'n japtrap is ons uit die hawe. Eers 'n rukkie met die Japanese windmaker (motor) gecruise, en te so net binne die hawemuur seile gehys. Alles lyk so maklik, mens het net een of twee mense nodig wat weet wat om te doen, en, siedaar, volle seile staan bol in die wind en ons is op koers na Robben Eiland. Dit was 'n perfekte dag vir seil, nie te veel wind nie, maar genoeg dat ons darm ente 'n goeie spoed kon handhaaf. Ons het almal beurt gekry om te bestuur. Maak mens nogal lus vir boot-koop!

Dankie aan Paul en Bundi vir 'n heerlike seil-ervaring, en aan Francois vir die saamnooi!

06 Desember 2008

Klondyke kersie-pluk







Saterdag na Erica se stork-party het ons 'n kersie-pluk gereel. Eintlik spesiaal vir Keith, omdat hy vir so 'n jaar-en-'n-half nie weer 'n kersie te siene gaan kry nie. Dit is groot pret, en ons kan dit aanbeveel. So 1 1/2 uur uit Kaapstad, buite Ceres aan Theronsberg se kant. Volg die borde vir Klondyke. Die seisoen is van so helfte November tot end Januarie oop. Ingang kos R15, en dan betaal mens R38/kilo vir die kersies wat jy uitvat (omtrent helfte van wat mens in die winkels vir kersies betaal!). En niks vir dit wat jy binne eet nie, bargain! Behalwe dat mens gewoonlik met maagpyn opeindig, want willens en wetens kry mens 'n klomp onryp kersies in.

03 Desember 2008

Julie en David Morris se troue

Wat 'n fees as mense besluit dat hulle troue hou met die volgende in ag geneem:
  1. In die middel van die week kan mens mos nie nee se vir 'n effense vroegloop by die werk nie... (dit is mos immers belangrike sake...) En die ander voordeel natuurlik is dat jy heel naweek oop het om lekker dinge te doen! (Lees res van blog vir meer lekker dinge om te doen.)
  2. Hulle reel dit 20 minute van jou huis af by 'n stunning venue waar jy nog altyd wou gaan kyk het...
Okay... dalk bietjie oppervlakkige om so daarna te kyk... maar ongeag die twee punte het ons dus Woensdag na Juli en David se troue gegaan. Dit was 'n pragtige diens en lekker om almal weer te sien. Juli en David was pragtig en hulle is 'n keurige paartjie.

30 November 2008

Middeltuin en Soutfontein

Saterdag oggend saam met Waldo gaan vrugte pluk op Kari (uhm... eintlik Stargrow) se plaas (uhm... wat hulle huur...) Ek natuurlik die lab montser wat dik met sonbrandroom moes smeer. Ook bietjie onhandig met die selekteer van vrugte, maar baie handig met die pluk van die vrugte boooo-aan die boom. Redelik vinnig gesien dat ek eerder my aandag op fotos kan fokus. Ek het so paartjies hier geplaas. Laat middag weer oppad na huis.

Sondag het ons lekker uitgeslaap. Na 'n preek van Oom Jurgens op die radio geluister en verder aan finansies gewerk. Afgeond met 'n pret-trap om die koppie hier agter ons huis.

08 November 2008

In Eindelose Confusion

Die naweek uitgesit om seker te maak dat ons kan registreer hier in Marlmesburry se IEC. So Vrydag kom Marna saam met Kari. Op die plaas rondgeloop gekyk na die stropers en oes. By die dam verby gery en gesien daar is ouens besig om te windsurf. Ek kon dit nie weerstaan om nie ons seile te gaan haal en saam te seil nie. Die aand het Johan S. by ons kom braai. Lekker gekuier en gebraai.

Saterdag oggend na Malmesbury om te gaan registreer. Daargekom en ons hoor dat ons eintlik by Langverwagt hier by een van ons buurplase moet wees... Ons ry toe maar aan na Strand waar ons vir Marna aflaai en verder aanry na Pringlebaai.

Oom Piet het ons lekker ontmoet by Pringlebaai. Lekker om weer vir hom te sien en op te vang met al die nuus van familie tuis! Wim is getroud! Lekker familie dag! Ma het terugekom van 'n perel-stalletjies-sessie in Caledon. Pa het terugekom van Transvaal en Vrystaat. Stefan en Yolandi het ons ook later gejoin. Lekker gekuier.

Sondag het Colyn en Erica ook kom inloer. Lekker gesels en lyk of dit me die babetjie goedgaan. Ons is lekker saam met hulle opgewonde oor die nuwe bondeltjie wat hulle lewe ingaan. Laat aand weer terug en lekker gekuier

02 November 2008

Tribute to Ronel Nattrass


Vandag het sus Ronel die New York Marathon in 3.32 (onoffisieele tyd volgens die website) gehol. En dit terwyl sy siek is. Baie geluk Ronel! Ons is almal vreeslik trots op jou!

Sederberge Driehoek Kamp


Ons het die naweek 'n bietjie gaan kamp by Driehoek saam met die Obies and friends. Lekker klomp gewees, so 18 asems en asempies. Ons het laat gewerk Vrydagaand en gevolglik eers 12uur Vrydagnag daar aangekom. Die kamp was al stil. Weer baie dankbaar vir ons maklike kamp-opset: vind 'n gelyk spot, trek die bakkie reg, spring in onder die kombers en slaaaaap....




Saterdagoggend eers almal gegroet met 'n koffie in die hand, en vir Stef en Yolandi gaan opsoek, wat met twee tente en een slaapsak besig was om te kamp. :-) Ons moes die ander slaapsak bring, sien, maar die het toe eers saterdagoggend by hulle uitgekom. Hulle het egter goed reggekom, het hulle ons verseker. Ons het lekker by hulle campsite gekuier en nog koffie gedrink, en toe het ons 2 saam met Riaan en Jeanne gaan wandel na Oom Piet se plaas. Dit is darm pragtige omgewing. As die oom ooit wil verkoop, sal ek darm omtrent al my goedjies verkoop om daai stukkie aarde te koop.



Terug by die kamp middagete gemaak, gekuier, middagslapie gevang, gaan draf, en om die vuur gekuier. Ons het 'n seekospot aan die gang gesit, wat die vuur ge"occupy" het vir omtrent 'n uur en 'n half, en die ander moes maar wag met hulle vleisies. Gelukkig was daar BAIE pot en almal kon eerste honger daarmee stil.

Vanoggend het die weer baie dreigend gelyk, en toe die eerste fyn druppeltjies begin val, se ons cheers en gooi ons goedjies in en ry toe ook sommer. Jammer om so vroeg te moes gaan, maar daar het baie werk by die huis gewag.

26 Oktober 2008

Pa en Ma Doorduin kuier op Soutfontein

Ma en Pa, alias Hortiserv het die naweek by ons kom oorbly. Maar ons het hulle eers Sondag gesien, na Saterdag aand se kuier by Jaco en Renate in Stellenbosch... Elkgeval... Daar was 'n paar missions die naweek:
  • Om lekker te kuier
  • Muggies te dodge
  • Tonnel en plant goeters te gesels
  • Muggies te dodge
  • Tonnel...
  • Muggies...
  • Lekker te kuier en te braai...
Kari het dus vir Steven (one "landlord") vir 'n tonnel gevra. Die is intussen geinstalleer en ons moet bietjie werkskaf om hom lekker aan die gang te kry. Kort nog die finale oortrek van materiaal en verf etc... so Pa het kom help met die fynere kunsies en raadgee oor hoe dit regtig moet.

Die aand lekker gebraai en gekuier. Altyd lekker om weer te besef hoe gelukkig beide van ons (ek en Kari) met ons ouers en skoonouers is! Ons kan net dankbaar wees en Vader dank vir al sy gawes!

12 Oktober 2008

Paar Notas uit Malmesbury

12/10/2008:
Alby van ons het lekker geswoeg en gesweet. Ek aan werk en Kari in die tuin. D.w.s. ons kort 'n lekker breek. Sondag middag ete gaan smul by die Pleasant Feasant aan die voet van Riebeek Kasteel. Dit bring natuurlik teweeg dat ek 'n pragtige fotos van my vroutjie kon neem!

14/10/2008: Maan foto oor lande

18/10/2008
Die volgende Saterdag by Wortelgat om 'n saam met Keith sy verjaardag te vier. Erika het vir hom 'n koek spesiaal vir Antarktika gebak.

11 Oktober 2008

04 Oktober 2008

FlightGear Fligh simulator

So tydjie terug was ek by die AAD lugskou in kaapstad. Daar het hulle 'n klomp wilde simulators en dinge gehad wat my weer laat terugverlang na die dae toe ons nog op skool was en gedroom het van vlieenier word. Nou ja. Kleurblindheid en die lengte beperking op innames het 'n stokkie voor die droom gesteek en 'n sterker belangstelling in tegniek het dus loopbaan keuses beinvloed...

Dus is het ek rondgesoek op die net en a.g.v van 'n paar pointers ook van my vriende wat 'n draai in die ESL lab gemaak het, het die keuse op Flight Gear geval. Download en siedaar: hy hardloop heel prettig op die server met Nvidia 3D kloon. Pragtig. Tog soek mens 'n bietjie grooter viewing angle en ek lees toe op 'n oor 'n paar dinge en rig daar met al wat 'n PC etc is 'n multi-dislay flight sim. Al wat nou oor bly is om 'n verspreide proseserings oefening aan te pak om die model en realsime nog te verbeter...

30 September 2008

Weer 'n slag 'n bietjie Mia












Mia raak nou groot. Sy is nou 'n tiener. Sy eet nie vis en hoendervelletjies nie, maar hou van ertjies en toiletrolle. Sy bekruip tarentale en skape, en kry dit gelukkig reg om uit die buurman se kat se kloue te bly.




Sy is die wereld se oulikste kat!

13 September 2008

Angus Buchan

Saterdag middag op die trein, terwyl ek en Kari elkeen effens olik is met verkoue en maagpyn. Op die peron by Newlands vir Konrad, 'n ou kerk vriend van Kari en oud kolega van Wim by Lodicon, raakgeloop. Lekker gekuier voor die tyd, en hy het toe sommer by ons gesit aangesien sy vroutjie tuis was. Dit was aanvanklik vreeslik warm, maar soos die sonnetjie agter die berg verdwyn het, het dit vinnig geniepsig koud geraak. Ek en Kari het lekker onder komberse warmgebly...

Oom Angus se preek was soos altyd direk: "Sorg dat julle bid! Soveel as moontlik!" en "Amen!"

Na die tyd saam met Oom Kurt en Tannie Liesbet terug Rogerstraat toe en toe terug na huis.

01 September 2008

Sneeuspeel









Dis nie aldag dat dit in SA op lentedag sneeu nie. Ek en Marna het besluit om die fenomeen ten volle te benut, en is so 3pm se kant, gewapen met 'n fles tee, warm klere (ongelukkig nie handskoene nie) en 'n kamera Gydopas se kant toe. Oral langs die pad het ons motors gekry wat met sneeumanne op die bonnet rondry. Aangesien my motortjie nie 'n lekker bonnet vir die doel het nie, het ons sommer ons s'n langs die pad gebou.

Projects