04 Februarie 2008

Frankryk

Maandag (04) aand, het ek my liewe vroutjie gegroet, en is deur al die nodig admin om land-uit, Frankryk toe, via Heathrow te gaan. Behalwe dat ek natuurlik soos met meeste van my trippies sorg dat ek uber vroeg op Kaapstad Intl. is, het die nie te veel gehelp nie. 'n Omie op die vlug het 'n ligte hardaanval gekry, wat tot gevolg gehad het dat die vlug sowat 3 ure later die lug in is......



So Dinsdag (05) oggend het ek seker by die verkeerde kant van die vliegtuig uitgeklim en die vlug verpas na Parys, maar darem 'n ander gekry ommee te gaan.... en wragtig... in Parys op Charlse de Gaulle lughawe is "mon bagages" nie daar nie.... Gits. Moes ek natuurlik daar in my beste Frans verduidelik dat ek nie eintlik 'n woord Frans "parler" nie.
Gelukkig was die TGV darem maklik. Redelik maklik die kaartjie gekry en boom soos blits is ek na Portier. Taxi was maklik, behalwe dat die omie nie so lekker engels kon verstaan nie.... (Nou ja, as 65 miljoen mense Frans verstaan is daar seker nie 'n probleem nie). Die aand net gaan benchmarking doen en aandete het hoofsaaklik uit 'n BigMac McDonalds burger bestaan

Woensdag (06) oggend is ek werk toe. Lank met die QA ou gesels wat baie interesant was en 'n paar ander mense ontmoet. Die middag gaan kyk hoe dit in van die toets labratoriums lyk. Die aand by 'n Italiaanse plek gaan eet, nadat ek eers die nabye gedeeltes van die dorpie Chassneuill platgeloop het. Nogal 'n mooi dorp.

Donderdag (07) was nogmeer werk en 'n paar interesante gesprekke met my eweknie in Frankryk. Lekker om notas uit te ruil. Ook vinnig gaan kyk hoe dit in die fabreik lyk. Verder nie te veel gebeur nie, het by 'n lekker restaurent 'n steak gaan smul.

Vrydag (08) Oggend was dit 'n fris stappie werk toe, en so rondom 3 uur is ek saam met 'n kolega weer terug na Poitiers toe. Die middag het ek lekker rondgestap en 'n lekker gevoel vir die plek gekry. Dit is 'n ou dorpie, wat 'n klein univesiteit het. Sien: http://en.wikipedia.org/wiki/Poitiers

Die aand het ek by 'n lekker klein restaurantjie gekry waar ek weereens aan steak gesmul het. Sjoe maar dit was lekker.




Saterdag (09) oggend bietjie laat geslaap. 9:00 gaan ontbyt en so met al die draaiery is ek so 10:00 oppad om verder die dorp te verken. Die eerste stop was 'n "Parc du Blossac". Daarna af rivier toe waar ek so tussen die huise en groentetunitjies gestap het al saam met die rivier. (Ek lees erens dat hier op 'n stadium baie meuls was, wat baie beteken het vir die plaaslike ekonomie.) Die res van die dag so van kerk, na kasteel, na kerk aan getrap. En baie fotos geneem: http://picasaweb.google.com/riaan.doorduin/2008_02_08Poitiers . Die stadjie laat mens nogal baie aan Stellenbosch dink. Baie studente. Ander interesandheid is dat winkels eers in die aand so 19:00 toe maak. En moenie verwag dat 'n "resaurante" of "brassarie" jou 'n peusel happie 'n minuut voor sewe gaan gee nie.... Alhoewel die mense nie so lekker Engels gesels nie... en glo my... engels is nie groot hier nie... is hulle wel vriendelik. Solank jy baie sukkel om 'n paar woorde frans te sukkel en te stotter... Nou ja, so aan die einde van 'n dag se woeste toeriste atraksies besoek is ek weer terug in die hotel. So paar dinge om aan te werk en met werk op te vang.


Projects