06 Mei 2008

Mooihoek


Vandag al bietjie meer ingeburger hier. Kari het vroegoggend 'n bult gaan klim. Ek het lekker laat geslaap... Bietjie koffie gedrink, ontbyt geƫet en gelees. Ek het so vinnige draffie ingewerk na die boonste hekkie. Die middag is ons rustig na Oom Rudolf se kuil. Baie vinnig gedip: Dit was vreeslik koud! Kari het die swem so bietjie langer uitgerek! (Sulke poele MOET mens gebruik, al is dit winter! k) Rustig weer terug na huis en lekker in die ghoema gekuier en uitgerook vir die res van die aand.

Geen opmerkings nie: