27 Julie 2008

Kari verjaar







Cumpleanos felice!





Ons het die naweek groot verjaardag gevier. Ek het Vrydag verjaar, en Jaco Saterdag. Ons het dit sommer so saam hier op Soutfontein gevier. Vrydagaand het 'n paar mense oorgeslaap en ons het lekker gebraai en gekuier. Gelukkig het die weer ons toegelaat, en 'n warm vuurtjie het ook gehelp dat die koue ons nie binnetoe dryf nie. Mia was natuulik uit haar vel uit met die baie speelmaats, en die feit dat sy heelaand buite kon wees, en het ons almal vermaak met haar energie en toertjies.

Saterdagoggend het Jaco vir ons 'n 5-ster ontbyt aanmekaargesit. Die groot weber-plaat het weereens handig te pas gekom (sien 'n baie vroeere blog van Wim en Cia en Jaco se pizza-kuier). Dit was 'n lekker geleentheid om ons trougeskenk-MOET te ontkurk (dankie Marius en Irma!), en ons het hom (sonder lemoensap!) "gesavour". Wim, Cia en Cebella het effe later by ons aangesluit, en Cebella het ook vir 'n hele klomp laggies gesorg. Lekker gestap later die middag om 'n bietie van die baie eet af te stap, en die aand weer om 'n vuurtjie sop geeet. Daarna is die res van die mense huis toe, en net Dr Browne het oorgebly.

Sondagoggend word ons wakker met stortreen buite. Daar gaan ons planne vir 'n lekker fietsrit! Alhoewel "There is no such thing as bad weather, only soft people", het ons toe maar besluit om ons by die softies te skaar, binne gekuier en later die oggend bietjie Koringberg gaan verken. Lyk oulik om daar 'n erfie te he, maar heellaas is dit nie plattelandse pryse nie! Groot gelde waarvan die restaurant-cum-Seeff eienaar praat. Ons drink toe maar eerder net 'n koffie, kry nog 'n verniet stukkie brood ook uit die ou uit, en vat die pad terug huis toe. Nadat Keith ook gery het, het ons vir Mia 'n kat-deurtjie ingesit. Sy kry nog nie so lekker die idee nie, en sit haar poot daardeur en trek dit dan terug, dan sit dit vas en sit sy 'n keel op! Hopelik kom sy nog later reg....

20 Julie 2008

Kouebokkeveld Tafelberg










Die naweek het ons saam met Bill en Gytha Hunter in die Koue Bokkeveld gaan stap. Tafelberg le op die ongelooflike mooi Bo-plaas, waar ons die eienaar, Fanie van der Merwe, Saterdag oggend ontmoet het. Hy het ons verduidelik van al die roetes en ook hoe om daar te kom. Baie gaaf.

Op na die dam en vandaar gestap in die skaduwee van Tafelberg op na die bokant van die eerste rif. Daarvandaan traverse ons oor na die volgende rif. Baie versigtig op hierdie hoogte, veral met die sneeu wat so gly-gly wink. Sodra ons goeie vordering toon, kom daar 'n klip van omtrent so meter by meter by meter los en verpletter my stap stok voor my oe... Gelukkig nie my been nie... Sjoe! Elk geval, by die einde van die traverse gou sakke afgehaal en gaan soek vir die ys stalagtiete. Maar sonder sukses.

Bo op Tafelberg na die toring en baken. 'n Paar fotos geneem en gaan kamp soek. Al kamp plek was naby die toring. Geen plek / diep grond vir penne nie, dus met klippe ons tent vasgepak! Die wind het ook gewaai dat die biesies nie net bewe nie, maar wegkruip plek soek. So 'n kos skuiling met klip gebou en so vinnig moontlik klaar gemaak om te sorg dat ons in die tente kom.

Sondag oggend lekker laat geslaap. Die wind het gelukkig gaan lê en ons het rustig opgepak. Eers teen so 10:00 se kant weggekom. Na die ander kant van die berg gestap. Verby 'n lekker patch sneeu waar ons afgegly het op 'n survival bag. By 'n skeur afgeklim en om gestap na die nekkie verste van die plaas af. Daar middagete geëet en af gesuiker na die motor.

Wat 'n lekker naweek!

P.S. Volgens 'n bron op die web is Boerneef (I.W. vd Merwe) op die plaas gebore.

13 Julie 2008

Sneeu op die berge

Die naweek het ons lekker met Ma, Pa en Johan gekuier! Saterdag op plaas rondgeloop en Sondag vir 'n lekker middag na Riebeek Kasteel vir koffie en koek! Die aand het Ma en Pa van den Dool ook by ons aangesluit en dit was 'n lekker "full"-house!

01 Julie 2008

Mia ontdek die tuin

Natuurlik het ek my gehaas vandag om by die huis te kom waar klein Mia'tjie heeldag alleen moes bly. Toe ek by die deur inkom, kyk sy heel rustig op uit haar boks waar sy besig was om 'n uiltjie te knip, so asof sy se: "En wat is jou haas?" Eers rustig strek en uitklim en 'n bietjie gaap en pootwas. En toe weer speeltyd! Ek dink sy was al min of meer bo-op alles in die sitkamer, projekkamer en slaapkamer. Dit is asof sy springs in haar pootjies het! So 'n bietjie mik, 'n gatswaai of 2, en, woeps!

Ons het gou van die bietjie son wat nog agter in die tuin oor was, gebruik gemaak en 'n bietjie verken. Gras is lekker speelgoed. Blomkoolblare met eers met agterdog vanaf 'n veilige afstand af bekyk word, en dan 'n paar klappe gegee word voordat 'n kat dit nader kan waag.

Projects