28 Desember 2009

Voorspoedige Nuwe Jaar

Ons bid dat al ons lesers, vriende en famielie 'n geseënde feestyd agter die rug het en 'n voorspoedige 2010 mag ingaan! Dat almal ten minste een game sokker mag kyk en sodoende ook deel van hierdie wêreld gebeurtenis mag wees.



16 Desember 2009

Koffie in Citrusdal



Ons het vanoggend die heerlikste koffie gedrink, in Citrusdal van alle plekke. Salome van Grapevine maak regtig keurige koffie, en heerlike koek vir die wat 'n soettand het. Ek het by Dirk en Ilse gehoor van die lekker koffie toe sy begin van die jaar (of was dit al laasjaar?)die koffieshop oopgemaak het, en sederdien was ek al menige male daar. Vandag het ek vir Riaan gaan wys waar ek altyd koffie drink, en hy was beindruk. Julmi, Salome se dogter, het ook 'n baie oulike geskenkwinkel, De-Lovely, reg langsaan. Hulle is vas van plan om bietjie kultuur na Citrusdal te bring ("al vat dit ook 10 jaar om die mense te leer wat kultuur is"), en die plan is om 'n europese atmosfeer biertuin met tapas op die stoep en voorgras van die geskenkwinkel te begin bedryf. Hulle bied ook kunsklasse en musiekles aan.

Vroegmore poue


Dinsdagoggend vroeg was die pou-mannetjie vroeg op om vir sy nooi te wys wie die mooiste vere het... behalwe, dit het vir my gelyk of 'n kat sy stert beetgekry het! Wonder of hy bewus is daarvan...

Mieke kan sit!


Kyk hoe mooi sit die wêreld se oulikste baba (jammer aan al ons vriende met kiddies, maar sy IS immers ons peetkind!)

Groente...




22 November 2009

Energie Berekeninge

My ou vrind Dirk vra my hoe mens energie somme maak. Ek het so vinnige 'n spreadsheet opgestel. Ek moet bieg dat ek sommer 'n paar aannames die spreadsheet ingegooi het, so 'n paar ander of korreksies kan nie kwaad doen nie. Die spreadsheet kan julle hier kry. Dit is geshare dus enige iemand kan dit aflaai en opdateer.

21 November 2009

Nederlanders op besoek







Ons kuier gesellig saam met Oom Govert en Tannie Rita die naweek.

Pronkpou


Tog mooi as so 'n gesig jou begroet op pad huis toe!

Pikkewyne op Bettiesbaai

Ma Hannetjie het verjaar, en dit was 'n goeie geleentheid om die hele familie , die wie nog hier in SA is en ook die wat hier op besoek was, bymekaar te kry. Ons het lekker gekuier om die tafel met Pa Arend en Ma Hannetjie, Oom Govert, Tannie Rita, Walter en Dianne, Johan en Bianca, en Captain Morgan. Sondag het ons die pikkewyne by Bettiesbaai gaan kyk, wat almal al gesien het (selfs die Hollanders!) maar ek nog nie. Die outjies was heel rustig, en het net hier en daar onder mekaar baklei, maar meestal gestaan en slaap. Hulle is blykbaar altyd rustig op Sondae!

03 November 2009

Melissa die mak takbok

Toe ek Woensdagoggend laasweek die gordyne ooptrek, staan daar sowaar 'n bok in my tuin! Ek was redelik moerig met die bokke, wat net die vorige nag ons wingerd wat goed aan die oprank was buite ons kamervenster, met die grond gelykgemaak het. Dus maak ek toe met 'n groot geraas die deur oop en klap my hande om die bok uit my tuin te verjaag. Maar, tot my verbasing, bly die bok rustig staan en knipper net haar oë. Toe ek my hand uithou, kom sy nader en snuffel, maar verloor gou belangstelling toe sy sien daar is nie kos nie. Sy het 'n hele ruk daar op ons stoep rondgehang, tot die kat se onsteltenis. Mia het nie goed geweet wat om met die nuweling te maak nie, en haar van alle kante bekruip.

Toe ek later vir Steven vertel van die bok, sê hy o ja dit is Melissa ons moet vir haar druiwe gee. Sy broer Peter op die plaas langsaan het die bok grootgemaak. Baie oulik, maar ek hoop sy bly uit my tuin!

02 November 2009

Soutfontein Stroper


Vannaand na werk gesien dat Steven nog besig is op die land. Gou saam met hom die laaste 3 rondtes in sy nuwe 7ton stroper gery. Hulle het vandag begin met die koring en alreeds tel hy die kere wat die aanbieders van KFM mmm en aah.

18 Oktober 2009

Hoe lank...?

Al die Doorduine het gisteraand vir Stef en Landi gaan afsien op die lughawe. Hulle het Italië toe vertrek - Stef het baie skielik daar werk gekry. Geniet Europa, julle twee!


Toe ons deur die onderdakparkering uitstap, kom ons op die karretjie af...



10 Oktober 2009

Ek maak ons stort waterdig


My groentetjies



Wortels


Baba-spinasie



Tamaties (2 soorte)

Slaai (Rocket en Iceberg)





Netels....





Komkommer







Bone








Boerbone (dit moet nog opkom)









Beet










Aspersies












En my aartappels in motorbande

03 Oktober 2009

Oorlogskloof

Woensdag aand 18:00 het ons almal aan het smul gegaan... Kari het die heerlikse aubergines aka mousaka gereg voorberei! 19:00 Op het pad om voor 11:00 in het bed te wees op by Groot Tuin... die begin van ons stap!














Donderdag
oggend is ons met eerste lig, heerlike koffie en 'n klomp opwinding op! Sakke gepak en daar gaan ons in die mistige natheid in. Eers water opgetop en toe na die kloof. Op en af oor klippe en deur skeure. Game break kon ons begin om reengear uit te trek en so stadig maar seker het ons opgewarm. Kari het die mooiste fotos en geneem van blommetjies. Omtrent met elke tree was daar nog 'n blommetjie om na te kyk.
In die kloof is ons oor die rivier en na Elandsgrot is ons af vir 'n middagete langs die rivier. Net so na 'n halfuur se stap kom ons by 'n groep wat op 'n ander roete stap en so met die kennis maak val ek my shin oop: Kaplaks! Liesbet was gelukkig daar om vinnig alles bymekaar te hou. Om te sien hoe goeters binne jou eie lyf beweeg is nogal 'n vreemde gewaarwording! Jip... ek is ook mens! :-0
Die middag stap ons onderdeur 'n waterval wat nogal impressive was en af na ons kampterein. Magies vol... ogies toe!

Vrydag is daar vroeg 'n klomp mense by ons verby. Wie, waar en waarnatoe weet ons tot vandag toe nie... Elkgeval, op, oor die rivier en oppad na die bokant van die krans het die realiteit van die steilte begin spreek en ek het wakker geword. Lekker water voor ons opklim teen die steilte. Na tonnels en 'n geklouter op het ons lekker ge-gamebreak in 'n overhang. Daarvandaan is ons oor 'n vlakte en in 'n kloof terug vir middagete by 'n oorhang.

Na middagete is ons oor die klofie en toe deur 'n massive / grot skeur. Koplampies en alles. Aan die ander kant is ons verras met 'n pragtige uitsig oor die Oorlogskloof. Daarvandaan na die oornag plek toe. Was 'n baie lekker plekkie ons het lekker gekamp die aand!



!






Saterdag is ons lekker vroeg op en gewonder wat die dag gaan oplewer. By Donkiekraal lekker vroeg verby en daarvandaan oor 'n pragtige rif met poele in die rotse. Gelling se tenk was nie heeltemal ons idee van 'n tenk nie... maar ja... ander-tyd-ander-dinge. Die volgende verassing wat gewag het was die pragtigste boesman tekeninge! (Die hele kloof en park is vol van tekeninge!) Middagete net so entjie aan geeet. Waar die kloof waarlangs ons opgestap het, bymekaar gekom het, was dit die pragtigste skoon poele, en almal wou net swem! Al langs die rivier op, deur die 'n proteaboom woud. Middagete by 'n lekker koel grasplekkie en vandaar skuins verby Pramkoppie via nog 'n paar boesman handtekeninge. Voordat ons in die klofie af is (deur 'n gat in die rots!) na onder by die kampplek.

Sondag oggend "het regend, het regend: de pannetjies worden nat!" Met alles nat en was dit nogal 'n storie om alles op te pak. Aan die gang uitendelik marsjeer ons voort. Behalwe vir die nat en slush van water in ons bootse was dit baie mooi. Alles skoon en vars. Die uitsig op die "Knegsvlakte" was 25% grys in die mis! Deur 'n paar geelhout en ander bosse en sonder gamebreak was ons voor middagete by die bakkie. Droog aangetrek. Koffie en almal sien uit na 'n burger in die Spur!

Spesiale woord van dank aan my vroutjie wat alles so gereel het!





Projects