27 Februarie 2009

Voorlopige kastefoto



Dit mag dalk vir mense wat vir die eerste keer op ons blog kom baie snaaks lyk dat ons so 'n foto post, maar vir ouers en vriende wat die huis-verbouings met belangstelling volg, is dit wel interessant. :-)

Spesiaal vir Ma Hannetjie




Soos versoek, 'n paar fotos van Ma se kleinkat. :-)
Sy check 'n bietjie ons nuwe wasbak uit. Hulle het stompe op die wasbak neergesit om dit goed vas te hou tot die loodgieter kom, en dit maak darm 'n alte lekker sitplek vir 'n kat!




26 Februarie 2009

Huis-update

Laasnaweek het ons die dek geverf, en vandag sit hulle die kaste in. More kom die plumber, en hopelik is alles dan klaar! In elk geval alles wat ons nie verder self kan doen nie...

Tafelberg stap













Sondagoggend vroeg op en saam met Nico en die Stellenbosch bergclub-spannetjie Skelleton Gorge op. Gelukkig is dit lekker in die skadu, want onder was dit nog warm. Ons het definitief lanklaas gestap! Die spiere het eers 'n halfuur of wat gevat om aan die behandeling gewoond te raak, maar hulle het darm eindelik onthou wat "stap" nou weer beteken.

Daar was nogal baie mense, ons moes by die lere amper in toue staan. Die eerste twee disa's het ons al langs die pad amper bo gesien. Bo gekom was dit effens bewolk en snerpend koud. Ons kon nie glo dat mens in Februarie in die Kaap so koud kan kry nie! Gelukkig het ons warm goed daar gehad, maar die windjie het regtig gesny. By die sloot was daar 'n klomp disa's - baie mooi. Ons het selfs 'n blouetjie langs die pad gekry. Ons wou daar al omdraai, want ons het ons hoop op 'n lekker middagslapie gehad, maar gelukkig het oom Koen gese ons moet aanhou tot by die Akwaduk. Daar het ons die res van die groep verlaat en met die kanaal langs gestap - en magdomme disa's gesien. Dit was ongelooflik mooi.

Dit is verseker die regte tyd nou om Tafelberg te gaan stap!

Ons het tot by die damme gestap en daar was sowaar 'n klein museumpie wat oop was met 'n klomp toerusting wat hulle gebruik het in die bou van die damme. Van stoomlokomotief tot baie ou watermeters - baie interessant! Dit is ongelooflik wat hulle daardie tyd kon regkry.

Toe tussen die twee damme deurgestap, en verder na Nursery Ravine, waar ons af is na die tuine toe. Ek moes eers 'n paar plante koop terwyl Riaan met 'n ou kollega gesels, en toe na die Holtzhausens se huis. Darm nog tyd gehad vir 'n uur se slaap voor die konsert.

22 Februarie 2009

Concert in the park


Sondag middag na 'n lekker Tafelberg stap het ons Carmina Borana in Kirstenbosch gekyk saam met Nico en Jeanette en Bleida.

14 Februarie 2009

Oak Valley Estates - Adventure race sprint

Die naweek was een van daai ingepaktes:

Vrydag aand kuier by Stef en Yolandi. (Net sien hoeveel moed Stef moet bymekaar skraap vir ouers vra...:-) ) Maar in terme can kosmaak kan Stef ook nie kla nie.

Saterdag was ons rustig by Pringlebaai. Uitgeslaap na die week se aktiwiteit en ure... Ek moes bietjie werk om 'n voorbereiding te doen vir 'n presentation gedurende die week. Swell was nie te great nie.

Sondag het ons na die adventure race gegaan op Oak Valley. Wow, dit was lekker om weer te kyk na al die plekkies waar ons as kind rongespeel het.
Die race was lekker. Op al die ou bekende plekke wat die roete ons geneem het. Die eerste keer wat ek en Kari as span ingeskryf het vir so iets.

Projects