01 Maart 2009

Entropie




Ek is nou nie so kundig op die gebied van termodinamika nie, maar die afgelope twee maande se "vinnige" verbouings het my verstom laat staan oor die volgende moontlike entropie definisie:
"The tendency of a system that is left to itself or builders to descend into chaos."
...elkgeval...

Ons het uiteindelik die huisie weer vir ons selvers en kon die naweek lekker die huis in orde kry. Saterdag het ons die dek se finale grondverskuiwings gedoen en die grond onder afgedig met "weedstop" sodat die grasse nie daaronde moet uitgroei nie.

Ook die huis aan die binnekant uitgesorteer en klavier en groot meubles weer op hulle plek gesit. Sondag met Pa en Ma van den dool gekuier en Brett en Ronel het later ook aangesluit by ons vir 'n lekker visbraai. Ma en Pa was al vroeg hier (en ook 'n goeie rede vir my om vroeg op te staan.) Almal het sommer so tussen deur al die kuier gehelp met paar goeters rondskuif en weer in 'n japtrap het ons die res van huis en stoep weer inbedryf gekry.

Geen opmerkings nie:

Projects