27 April 2009

Kos en wyn proe

Sondag aand het ons, na aanleinding van Liesbet se idee en initiatief, 'n kos en wyn proe gereel. Die idee om verkskillende wyne met kos te geniet en so te kyk na hoe dit smaak. Ons paneel het bestaan uit die Van Daalens (Corne en Liesbet), die Du Plooys (Realize en Petri), Jaco van der Walt en Johan Strydom... O'ja en ons natuurlik ook.
Entree was Gluwine, gevolg met voorgereg van Petit Paella. 3 Hoofmaaltye is voorgesit: Linguine, Bobotie en Keker-ertjie Pilau. Die nagereg was Turkish Delight roomys.

Die wyn seleksie het o.a. die volgende ingesluit: Vionier, Zinvendel en Crem de Cassis en vele ander.

Die aand was 'n lekker kuier en so half twaalf se kant het almal tot ruste gekeer...

Dankie aan almal wat bygedra het. Dit was 'n fees om almal hier te kon he! (En Mia se ook so!)

25 April 2009

Die storie van die muur

Die van den Dool ouerhuis raak te klein vir die uitgebreide familie, en toe Mieke nou op die toneel verskein, was dit die laaste strooi. Die huis moet groter! En dan spesifiek die deel waar die eetkamertafel staan, sodat almal om die tafel kan pas.
Pa Gerrit het gemeet en gepas en beplan en voorberei. Sien, die huis is mos nou van hout en glaspanele, en dit behoort darm nie te moeilik te wees om te skuif nie. Eintlik doen mens dit sommer tjoef-tjaf, as mens net 'n paar manne kan reel om te help. En hoe gelukkig is ons dan nou om 'n vakansiedag op stemdag te he wanneer almal kan kom help!
Ma Marti belowe muffins en koffie, en met so 'n voortuitsig is die manne darm nie te onwillig om te kom help nie.

"'n klein uurtjie, dan is alles klaar" belowe Pa Gerrit. Dit is nou as alles goedgaan...





Eers moet daar aan die gehoor verduidelik word hoe mens die ding gaan aanpak. Oom Bert het hom gemaklik gemaak vir die verduideliking...















Dan moet die lamp uit die pad geskuif word, want die muur moet daar verby. Vele hande maak ligte werk. En saam met vele hande kom natuurlik vele opinies!














Almal reg? Een, twee, drie, sak! Oppas, hou vas daar, anders gaan die glas breek!











Eers bietjie lig met die koevoet.. En Jooste kom agter dat die hele onderste balk gevrot is. Ai tog! Dalk gaan dit tog nie so 'n vinnige operasie wees nie...










So ver so goed..













Kraaaak!












Toe moet die res van die glas maar ook uitgebreek word. Oom Bert het die jobbie gekry, en hy het gelyk soos 'n seuntjie wat 'n ballon wil stukkend steek maar baie huiwerig is omdat hy weet dit gaan geraas maak.
Nadat almal glas opgevee het, en koffie en muffins vir hulle harde werk gekry het, moes Pa Gerrit maar gaan soek na 'n stuk hout om die onderkant van die raam mee te vervang. Dit is darm intussen gedoen, en die raam is in sy plek. Nou nog net die glas. Een van die dae is daar vir almal plek om die tafel!







19 April 2009

Houtwerk-manne!


Net na Ettienne en Marisa se troue is ons deur na Dirk en Ilse in Citrusdal om ons hout te gaan verwerk. Eers 8uur daar aangekom en 'n braaitjie opgesteek. Na 'n glasie rooiwyn, was niemand meer lus vir hout skaaf nie, en dit is uitgestel na Sondag. Sondagoggend eers kerk toe, en daarna het die 2 aan die werk gespring en nie weer gestop behalwe vir 'n vinnige soppie, koffie bietjie later, en 'n hoendertjie op die kole gooi heel later nie. Toe weer nog 'n laaste mm gaan skaaf, en ons het eers half 11 die nag daar vertrek. Sjoe, so 'n klomp hout is nie 'n grap nie! Maar wel pragtig om te sien hoe elke plank sy eie karakter kry soos mens die dowwe buitekant afskaaf.

18 April 2009

Ettienne en Marisa trou


Soos tannie Aletta se, uiteindelik! Dit was 'n heerlike troue, die diens by die Pres was pragtig, en David het so 'n mooi boodskap gegee. Daarna is almal na Molenvliet vir die onthaal. 'n Super mooi wynplaas net so oor Helshoogte aan die regterkant. Ons het eers buite om 'n grand voorgereg gekuier, en toe binnetoe vir die onthaal. Oom Pieter het al sy beste kwinkslae uitgehaal, en almal het hom baie geniet. Ettienne was vanaf die diens al emosioneel en is natuurlik goed uitgehaal daaroor. Die hoogtepunt was verseker toe oom Pieter se almal moet hulle oe toemaak en dan sal ons engele hoor sing. En sowaar, engeltjies in die vorm van die Tygerberg Kinderkoor, geklee in blou engelpakkies, kom van agter af singend die saal ingestap!

Behalwe miskien die Drakensberg seunskoor in hulle eie skool in die Drakensberge, kon mens nie vir 'n mooier setting vir 'n kooruitvoering vra nie. Hulle het 'n paar liedere gesing, onder andere Pie Jesu en Titanic se "The heart will go on", en afgesluit met "I will pray for you". Dit was ongelooflik mooi.
Wie ookal dit georganise het, well done!!!



17 April 2009

Riaan se laaste 20's verjaardag

Vrydagaand het ons boet Riaan se verjaardag gevier. Sy laaste verjaardag voor 30, en ook sy laaste verjaardag voor hy pa word en sy lewe verewig verander!!


Buena Vista Social Cafe het nog nooit so 'n klomp mal half-hollanders gesien nie..

11 April 2009

Soutfontein met Irma en Marius




Lekker kuier, opvang op mekaar
se lewens, visbraai, quinoa, bubbly,
grappies, Frans (meer en minder goed),
mango-fool, volmaan!

Projects