25 April 2009

Die storie van die muur

Die van den Dool ouerhuis raak te klein vir die uitgebreide familie, en toe Mieke nou op die toneel verskein, was dit die laaste strooi. Die huis moet groter! En dan spesifiek die deel waar die eetkamertafel staan, sodat almal om die tafel kan pas.
Pa Gerrit het gemeet en gepas en beplan en voorberei. Sien, die huis is mos nou van hout en glaspanele, en dit behoort darm nie te moeilik te wees om te skuif nie. Eintlik doen mens dit sommer tjoef-tjaf, as mens net 'n paar manne kan reel om te help. En hoe gelukkig is ons dan nou om 'n vakansiedag op stemdag te he wanneer almal kan kom help!
Ma Marti belowe muffins en koffie, en met so 'n voortuitsig is die manne darm nie te onwillig om te kom help nie.

"'n klein uurtjie, dan is alles klaar" belowe Pa Gerrit. Dit is nou as alles goedgaan...





Eers moet daar aan die gehoor verduidelik word hoe mens die ding gaan aanpak. Oom Bert het hom gemaklik gemaak vir die verduideliking...















Dan moet die lamp uit die pad geskuif word, want die muur moet daar verby. Vele hande maak ligte werk. En saam met vele hande kom natuurlik vele opinies!














Almal reg? Een, twee, drie, sak! Oppas, hou vas daar, anders gaan die glas breek!











Eers bietjie lig met die koevoet.. En Jooste kom agter dat die hele onderste balk gevrot is. Ai tog! Dalk gaan dit tog nie so 'n vinnige operasie wees nie...










So ver so goed..













Kraaaak!












Toe moet die res van die glas maar ook uitgebreek word. Oom Bert het die jobbie gekry, en hy het gelyk soos 'n seuntjie wat 'n ballon wil stukkend steek maar baie huiwerig is omdat hy weet dit gaan geraas maak.
Nadat almal glas opgevee het, en koffie en muffins vir hulle harde werk gekry het, moes Pa Gerrit maar gaan soek na 'n stuk hout om die onderkant van die raam mee te vervang. Dit is darm intussen gedoen, en die raam is in sy plek. Nou nog net die glas. Een van die dae is daar vir almal plek om die tafel!







Geen opmerkings nie:

Projects