29 Mei 2009

Lekker in Limpopo










Ons het die afgelope week lekker hier (Tzaneen) by ons skoonsus gekuier. Yes... dit is MTB Mekka! Dit is hier waar die epic Magobaskloof MTB Clasic gedoen word (in my jonger dae). Nietemenin het ons probeer om soveel moontlik MTB in te pak.

Vrydag:

MTB tot bo die rif van Duiwelskloof, en kamp bo op die rif.













Saterdag:

Bundubash en probeer om deur 'n inheemse bos die ou-ou-ou pad te vind na Magoebaskloof: 1h30 later met nog niks in sig nie... 20min later weer by die begin.... Elkgeval dit was pret gewees om al die downhills daarna aftery deur bloekom bosse... Lekker.... Ons kamp die aand lekker om 'n vuurtjie by "De Hoek"

Sondag:

Kyk na Oom Bert se blykplek tydens sy eerste jaar as bosbouer-in-opleiding. Stap af na die Dokolewa Waterval en stap terug hut toe. Gaan verken verder vir Heanertsburg se begrafplaas met die ongelooflikste uitsig.











Maandag:

Maandag gaan ry ons naby Houtbosdorp op ons MTB's... Lekker gery in inheemse bosse tussen ape en bokke.... die lewe is lekker... Eet die aand by Sawn en Maryne en kinders.






Dinsdag:

My bakkie moes in vir 'n diens... ai kon dit net nie langer uitstel nie... so daar is 'n middag van probeer besig bly in die dorp.... Ons gaan eet die aand by Gary en Nita op Duiwelskloof.

Woensdag:

Ons gaan kuier by Danie en Marda op die plaas (hulle is kliente van Kari-hulle). Hy wys vir ons die plaas en al die nuwe dinge vandat ons die laaste keer daar is. Gaan stap tussen die Kiwi boorde en gaan kyk hoe lyk die avokado boorde. Hulle het ook 'n mak Samango aap, Matewis, wat kom vrugte haal en die plaas as sy terrein beskou. Baie oulik!




















Donderdag:

Danie gaan wys vir ons die Dap-Noude dam. Terug by die huis saal ons die fietse op en ons is weg. Lekker ry ons na die dam en geniet onself gate uit. Ons verder verkennings werk lei ons toe tot bo op die berg tussen deur pragtige inheemse bosse. Daarvandaan terug huis toe en groet vir Danie oor 'n koppie koffie in die dorp. Die aand braai ons lekker by Lise se landlord.





















19 Mei 2009

Keimoes se Pienkpadstal


Vandag, ons 3de dag van toer. Hier is ons by die Pienkpadstal waar die vloed water my so heuphoogte sou gevat het.

16 Mei 2009

Dis nou maar jammer...


My eerste breiprojek vandat ek op laerskool was! 'n Beer vir Mieke.

Ek hoop sy waardeer dit, want dit was maar 'n geswoeg..

Het darm nou en dan hulp van ma af gekry. En saam het ons besluit die beer se naam is: Dis nou maar jammer. Elke slag as ons 'n fout agterkom, vra ons vir mekaar of ons dit gaan regmaak, en dan besluit ons dit is nou maar jammer, maar uittrek gaan ons nie!

04 Mei 2009

Hallo Mieke!


Baie geluk aan Riaan en Adri met hulle nuwe dogtertjie, en baie welkom aan Mieke!

10:00 Vanoggend gebore met 'n keisersnit, 3.2 kg, met 'n stewige stemmetjie (so hoor ons by die ouers!).




























Besoektyd was 3:00 en die familie het die kamertjie vol gestaan. Pa en Ma van den Dool, Oupa en Ouma van den Dool, Ouma Rothmann, Tannie Naomi, Oom Ruan en Tannie Kari. Almal het 'n beurt gekry om vas te hou, te koer en tone te tel. Dit is darm 'n wonderwerk, so 'n klein, perfekte babatjie.
" U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vul my met verwondering. Dit weet ek seker, geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is in die moederskoot."
Psalm 139: 13-15

Die volle prentjie


03 Mei 2009

Wendy kry 'n huis













Ander mense rus op langnaweke, kyk lekker fliek en drink rooiwyn, of lees 'n goeie boek. Ons koop 'n Wendyhuis. Dit behels 3 keer Constantia toe ry, 2 keer met 'n massiewe skaaptrailer agter die bakkie, skoonpa inroep om te kom help afbreek, swaar panele ronddra, nip elke slag as ons by 'n verkeersman verbygaan oor ons vrag dalk te ver oor die kant steek, swaar panele aflaai, manne gaan soek op die dorp om te help bou, en 'n hele dag se bou saam met ouens wat mens soos kinders moet oppas (Riaan se woorde, myne was dat dit goeie oefening is en hy moet dit maar gewoond raak. ;-)





Maar nou staan ons Wendy en wag op rakke sodat ons al die tools daarin kan bere. Tog te pragtig!

Projects