26 Junie 2009


Sabie, en toe maar huistoe

Die oggend by Sabie was FRIESEND koud. Dit het baie baie motivering gekos om onder ons donsduvet uit te kruip. Die plan was om al vroeg op die fietse te wees, maar op die ou end was ons so tussen 10 en 11 daar. 'n Goeie twee ure fiets gery, teruggekkom, gestort, gepak en die pad gevat. Mooi paaie, verby Waterval onder en Waterval Boven, tot ons by die N4 aangesluit het en so 8 pm was ons in Pretoria. Lekker gekuier by Oom Rien en Tannie Riette, en die volgende oggend supervroeg (kwart voor 5!) die pad gevat om voor die verkeer deur die Grootstad te kom. En toe is ons so goed op pad, dat ons sommer in een dag tot by die huis ry. Ons het so by Ceres die reën getref, en 'n lekker aandete geëet in Riebeek Kasteel by die Bistro voor 'n heerlike kaggelvuur.
'n Baie goeie afsluiting vir 'n super vakansie!!

Ons wildtuin daggie




Maandagoggend vir Lise gegroet (om 5:00 am!), ons goedjies gepak, en uitgesluip - wildtuin toe! Net mooi sonsopkoms daar, en het 'n lekker dag in die wildtuin spandeer. Heelwat diere gesien, kon net nie die luiperd en die renosters opspoor nie! Laatmiddag uit en Sabie toe, waar ons by Merrypebbles gekamp het.


Pelgrimsrus Patent Crapper




Zazoo





Rondom Hoedspruit

Saterdag het ons eers 'n bietjie in die reservaat rondgery. Bokke, Buffels, Kameelperde en baie Zazoo' s gesien.

Toe het ons uitgery na Swadini toe en 'n (klein) stappie gedoen na 'n waterval. Ook by 'n baie mooi dam gaan kyk. Die aand heerlik gebraai en gekuier.



Sondag het ons die Eggo-grotte gaan besigtig. Baie interessant, ongelukkig was die laaste deel onder water en kon ons nie die hele toer doen nie. Op pad terug in 'n file beland teen die Abel Erasmuspas af oor 'n trok wat die oggend daar omgeslaan het, toe maar omgedraai en heeltemal Pelgrimsrus deur, weer Graskop toe en weer Bosbokrand om terug na Hoedspruit. So kon ons darm Pelgrimsrus ook sien!

Magoebaskloof na Hoedspruit

Vrydag is ons van Lise af met die 2 bakkies na Dan en Anette se plekkie (ooo dit is darm fantasties waar hulle bly!) in Hoedspruit. Hulle bly in 'n wildreservaat. As hulle vergeet om die elektriese hekkie toe te maak, kom drink die Buffels water uit hulle swembad in die nag!
Eers vir George (Lise se bakkie) daar afgelaai, en van daar die scenic drive gedoen: Gods Window, Blyderivier Canyon, Burke's Luck, Graskop, en van daar met 'n beautiful pas teen die platorand af tot in die plantasies en via Bosbokrand terug tot in Hoedspruit. Die aand lekker gekuier om 'n tuisgemaakte pizza'tjie.

16 Junie 2009

D. Landis - "The Wealth and Poverty of Nations"

Die vakansie en so week of wat daarna die boek van David Landis klaar gelees. Ek dink die laaste gedeelte van die boek som die kwessie vir my op:

"...the kind of people who accentuate the positive. In this world, the optimists have it, not because they are always right, but because they are positive. Even when wrong, they are positive, and that is the way of achievement, correction, improvement, and success. Educated, eyes-open optimism pays; pessimism can only offer the empty consolation of being right.
The one lesson that emerges is the need to keep trying. No miracles. No perfection. No millennium. No apocalypse. We must cultivate a skeptical faith, avoid dogma, listen and watch well, try to clarify and define ends, the better to choose means.

... I have set before thee life and death, the blessing and the curse; therefore choose life. - Deut. 30:19" - D. Landis

Projects