26 Junie 2009

Magoebaskloof na Hoedspruit

Vrydag is ons van Lise af met die 2 bakkies na Dan en Anette se plekkie (ooo dit is darm fantasties waar hulle bly!) in Hoedspruit. Hulle bly in 'n wildreservaat. As hulle vergeet om die elektriese hekkie toe te maak, kom drink die Buffels water uit hulle swembad in die nag!
Eers vir George (Lise se bakkie) daar afgelaai, en van daar die scenic drive gedoen: Gods Window, Blyderivier Canyon, Burke's Luck, Graskop, en van daar met 'n beautiful pas teen die platorand af tot in die plantasies en via Bosbokrand terug tot in Hoedspruit. Die aand lekker gekuier om 'n tuisgemaakte pizza'tjie.

Geen opmerkings nie:

Projects