26 Junie 2009

Rondom Hoedspruit

Saterdag het ons eers 'n bietjie in die reservaat rondgery. Bokke, Buffels, Kameelperde en baie Zazoo' s gesien.

Toe het ons uitgery na Swadini toe en 'n (klein) stappie gedoen na 'n waterval. Ook by 'n baie mooi dam gaan kyk. Die aand heerlik gebraai en gekuier.



Sondag het ons die Eggo-grotte gaan besigtig. Baie interessant, ongelukkig was die laaste deel onder water en kon ons nie die hele toer doen nie. Op pad terug in 'n file beland teen die Abel Erasmuspas af oor 'n trok wat die oggend daar omgeslaan het, toe maar omgedraai en heeltemal Pelgrimsrus deur, weer Graskop toe en weer Bosbokrand om terug na Hoedspruit. So kon ons darm Pelgrimsrus ook sien!

Geen opmerkings nie:

Projects