26 Junie 2009

Sabie, en toe maar huistoe

Die oggend by Sabie was FRIESEND koud. Dit het baie baie motivering gekos om onder ons donsduvet uit te kruip. Die plan was om al vroeg op die fietse te wees, maar op die ou end was ons so tussen 10 en 11 daar. 'n Goeie twee ure fiets gery, teruggekkom, gestort, gepak en die pad gevat. Mooi paaie, verby Waterval onder en Waterval Boven, tot ons by die N4 aangesluit het en so 8 pm was ons in Pretoria. Lekker gekuier by Oom Rien en Tannie Riette, en die volgende oggend supervroeg (kwart voor 5!) die pad gevat om voor die verkeer deur die Grootstad te kom. En toe is ons so goed op pad, dat ons sommer in een dag tot by die huis ry. Ons het so by Ceres die reën getref, en 'n lekker aandete geëet in Riebeek Kasteel by die Bistro voor 'n heerlike kaggelvuur.
'n Baie goeie afsluiting vir 'n super vakansie!!

Geen opmerkings nie:

Projects