27 September 2009

Juicemasters

Stef en Yolandi kom kuier... met hulle juicer!






Bestanddele: Appels, wortels, seldery, fennel.



Metode: Was bestanddele en gee dit aan vir Stef en Yolandi wat dit in die juicer se magie gooi, en, voilla! Die resultaat is iets wat lyk of mens dit van 'n dam vol paddaslyk af geskep het.. maar tog nie te aardig proe nie. Dis nou as jy vir Kari vra. As jy vir Riaan vra... hy sal eerder 'n glasie perskesap uit 'n boks drink, dankie!

13 September 2009

Blomme-kyk naweek by Weskus Nationale Park


Aangesien Riaan se lense stukkend is en my kamera vir 'n ruk lank nie wou werk nie, het ons niks blomme fotos nie. Darm 'n fototjie van die nuwe blommetjie in Oupa se lewe. :-)

Franschoek-uitstappie vir Liesbet se verjaardag


'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste restaurant in SA. Die kos was heerlik, en hulle het 'n baie oulike fliek -teatertjie waar mens nieuvoux-flieks kan kyk. Die fliek, "Paris" was 'n tipiese deurmekaar kunsfliek (wel mooi fotografie) - sal nie die spesifieke fliek noodwendig aanbeveel nie. Dit het my nogal gelos met 'n "so what was the purpose of that" tipe gevoel.

Tog baie spesiaal om so saam met goeie vriende op 'n Woensdagaand te kan saamkuier in so 'n lekker plekkie!

06 September 2009

Dam-pret




Ons het vandag 'n bietjie gaan speel op die dam
met my nuwe bootjie en die windsurfer.

Vlermuis




Ek het altyd aan 'n haai gedink as iemand praat van 'n "tanneman", maar van nou af sal ek 'n prentjie van 'n vlermuis kry as ek die woord hoor! Check daai tanne.. Kan dink dat hy 'n mens bietjie kan knibbel as jou vinger te naby aan sy bek kom.


Mia dra die goed so in dan het ons 'n geleentheid om hulle van naderby te beskou. Nogal heel interressant.

Projects