22 November 2009

Energie Berekeninge

My ou vrind Dirk vra my hoe mens energie somme maak. Ek het so vinnige 'n spreadsheet opgestel. Ek moet bieg dat ek sommer 'n paar aannames die spreadsheet ingegooi het, so 'n paar ander of korreksies kan nie kwaad doen nie. Die spreadsheet kan julle hier kry. Dit is geshare dus enige iemand kan dit aflaai en opdateer.

21 November 2009

Nederlanders op besoek







Ons kuier gesellig saam met Oom Govert en Tannie Rita die naweek.

Pronkpou


Tog mooi as so 'n gesig jou begroet op pad huis toe!

Pikkewyne op Bettiesbaai

Ma Hannetjie het verjaar, en dit was 'n goeie geleentheid om die hele familie , die wie nog hier in SA is en ook die wat hier op besoek was, bymekaar te kry. Ons het lekker gekuier om die tafel met Pa Arend en Ma Hannetjie, Oom Govert, Tannie Rita, Walter en Dianne, Johan en Bianca, en Captain Morgan. Sondag het ons die pikkewyne by Bettiesbaai gaan kyk, wat almal al gesien het (selfs die Hollanders!) maar ek nog nie. Die outjies was heel rustig, en het net hier en daar onder mekaar baklei, maar meestal gestaan en slaap. Hulle is blykbaar altyd rustig op Sondae!

03 November 2009

Melissa die mak takbok

Toe ek Woensdagoggend laasweek die gordyne ooptrek, staan daar sowaar 'n bok in my tuin! Ek was redelik moerig met die bokke, wat net die vorige nag ons wingerd wat goed aan die oprank was buite ons kamervenster, met die grond gelykgemaak het. Dus maak ek toe met 'n groot geraas die deur oop en klap my hande om die bok uit my tuin te verjaag. Maar, tot my verbasing, bly die bok rustig staan en knipper net haar oë. Toe ek my hand uithou, kom sy nader en snuffel, maar verloor gou belangstelling toe sy sien daar is nie kos nie. Sy het 'n hele ruk daar op ons stoep rondgehang, tot die kat se onsteltenis. Mia het nie goed geweet wat om met die nuweling te maak nie, en haar van alle kante bekruip.

Toe ek later vir Steven vertel van die bok, sê hy o ja dit is Melissa ons moet vir haar druiwe gee. Sy broer Peter op die plaas langsaan het die bok grootgemaak. Baie oulik, maar ek hoop sy bly uit my tuin!

02 November 2009

Soutfontein Stroper


Vannaand na werk gesien dat Steven nog besig is op die land. Gou saam met hom die laaste 3 rondtes in sy nuwe 7ton stroper gery. Hulle het vandag begin met die koring en alreeds tel hy die kere wat die aanbieders van KFM mmm en aah.

Projects