Ons bid dat al ons lesers, vriende en famielie 'n geseënde feestyd agter die rug het en 'n voorspoedige 2010 mag ingaan! Dat almal ten minste een game sokker mag kyk en sodoende ook deel van hierdie wêreld gebeurtenis mag wees.
28 December 2009
25 December 2009
16 December 2009
Koffie in Citrusdal

Ons het vanoggend die heerlikste koffie gedrink, in Citrusdal van alle plekke. Salome van Grapevine maak regtig keurige koffie, en heerlike koek vir die wat 'n soettand het. Ek het by Dirk en Ilse gehoor van die lekker koffie toe sy begin van die jaar (of was dit al laasjaar?)die koffieshop oopgemaak het, en sederdien was ek al menige male daar. Vandag het ek vir Riaan gaan wys waar ek altyd koffie drink, en hy was beindruk.
Julmi, Salome se dogter, het ook 'n baie oulike geskenkwinkel, De-Lovely, reg langsaan. Hulle is vas van plan om bietjie kultuur na Citrusdal te bring ("al vat dit ook 10 jaar om die mense te leer wat kultuur is"), en die plan is om 'n europese atmosfeer biertuin met tapas op die stoep en voorgras van die geskenkwinkel te begin bedryf. Hulle bied ook kunsklasse en musiekles aan.
Julmi, Salome se dogter, het ook 'n baie oulike geskenkwinkel, De-Lovely, reg langsaan. Hulle is vas van plan om bietjie kultuur na Citrusdal te bring ("al vat dit ook 10 jaar om die mense te leer wat kultuur is"), en die plan is om 'n europese atmosfeer biertuin met tapas op die stoep en voorgras van die geskenkwinkel te begin bedryf. Hulle bied ook kunsklasse en musiekles aan. Vroegmore poue
Mieke kan sit!
Subscribe to:
Posts (Atom)













