28 Maart 2010

Wynproe: Devonvalleyvallei


Sondagoggend na 'n lekker laaaang uitslaap (veral vir Riaan wat eers net voor middagete sy verskyning gemaak het) het ons alles begin regkry vir nog 'n lekker wynproe. Ek en Ronel het vroeer die week by die kelders in die Devonvallei langsgery en 'n bottel witwyn by elk gekoop. Die plan was eers om Sauvignon Blanc te proe, maar nie al die kelders het dit gehad nie. Ons het opgeindig met 3 bottels Sauvignon Blanc, een Chenin Blanc, en een Viognier.

Die Viognier was van Stonehill, 'n baie oulike plekkie wat nie eens op die wynroete is nie. Die wingerdkundige en boer is Lorna Hughes, en ons het vreeslik lekker met haar gesels. Sy is ook betrokke by die Animal Welfare Society, samel geld vir hulle in, en het self 11 honde. Omdat ons so lekker met haar gesels het (sy het ook vir ons 'n bottel Rose verniet gegee vir die proe), was dit lekker dat haar Viognier loshande gewen het.



Wat 'n mooi plek om 'n wynproe te hou, beste uitsig, beste vriende, goeie wyn en goeie kos!!



Geen opmerkings nie:

Projects