21 Junie 2010

La Rocca


Italië is baie anders as Istanbul! Meer spasie, minder mense.. ok, ons was in die platteland. :-)


En reën - die eerste 3 dae het dit gereën. Gelukkig was ons in 'n wonderlike B&B net buite 'n wonderlike dorpie - Stef en Yolandi se voorstel. Ons het heerlik gerus en die reën het glad nie gepla nie. Vandaar het ons bietjie die omgewing verken die eerste dag - en gewag vir Irma hulle wat later die aand sou aanland. 'n Groot bonus - daar het ook mense gebly wat 'n Italiaanse kookkursus gedoen het, en hulle het die aand vir almal kos gemaak. Dit was heerlik, 'n hele spul tradisionele voorgeregte/bygeregte en 2 tipes ravioli.









http://www.laroccaitalia.com/eng/la-rocca is hoogs aan te bevele as iemand wat ons blog lees ooit in Piemonte omgewing van Italië verblyf soek.







04 Junie 2010

The Art of Travel in Italy!






So doen mens dit...













Espresso!




Moenie gaan sit nie, dan betaal jy ekstra. Staan en drink dit sommer by die bar. En as jy nie as 'n SUPER toeris gesien wil word nie, moenie vra vir 'n Cuppochino na 11 am nie. Daarna drink mens NET espresso. Hulle sal dit vir jou gee as jy in die middag 'n ou cuppochino'tjie wil hê, maar dan hulle neuse optrek vir jou.







Dan is daar 'n paar goed wat mens MOET eet....






Kyk dat daar "Bufaline" op staan - die gewones is nie so lekker nie!

Pizza!










En moenie net staan en kyk nie, koop en eet die ding! Al is dit koud...








Bring net warm klere!








Jy moet kan parkeer. En ry in straatjies wat net so 'n teensy weensy bit breer is as jou kar - EN dan nog verbysqueese as 'n kar van voor af kom. Mens doen dit deur jou oë toe te maak en jou te verbeel jy is onsigbaar...


Goedkoop blyplek en lekker wyn.





En lekker wyn.....
Verder is dit minors.

In Transit



So ja, nie veel geslaap nie, dalk 'n uur? Tweeuur op, en half 3 sit en wag ons vir ons shuttle voor ons ou hotel. Die hoteleienaar is daar rond, en daar loop 'n ou op en af wat nie lyk of hy 'n doel in die lewe het nie. Na 'n paar minute kom vra die hoteleienaar vir ons of ons nie 'n hoofpynpil vir ons drywer het nie. Surreal... hoop nie hy het 'n hangover nie!


Op die lughawe is checkin vinnig, en ons loop rond op soek na koffie, want ons is baie moeg. En by elke freaking plek is die koffie R40 per koppie! Dit is daylight robbery soos jy nog ooit gesien het, behalwe dat dit eintlik nog nag is. Toe ons 3 keer by al die plekke langs geloop het en onsself vergewis het daarvan dat hulle almal so duur is, is ek heeltemal moeg geloop en dring aan daarop dat ons nou maar moet gaan sit en dit betaal. Riaan wil nog om 'n ander hoek loop, maar ek is regtig nie meer lus nie en hy sien seker dat ek op die rand van 'n tantrum is, want ewe gedwee haal hy maar die beursie uit en koop vir sy vrou 'n koppie koffie van R40. En vir homself. Daar gaan ons laaste paar Lire wat ons spesiaal opgespaar het vir die lughawe vir iets om te drink EN te eet. En, om alles te kroon, toe ons later na ons boarding gate toe stap, kom ons verby 'n Starbucks wat die helfte van die prys is vir 'n dubbel so groot koppie koffie!!!

'n Paar laaste oulike Istanbul fotos







Turkye en Italië: Dag 5 - Taksim


Vandag gaan ons na die Shopping Straat van Istanbul, Istiklal Caddesi, ook vroeër genoem Grand Rue de Pera. Eers moet ons gaan Turkish Delight koop vir almal by die huis, so ons stop by die oulike winkeltjie wat ek en Mariëtte gister ontdek het. Hulle het heerlike blueberry turkish delight, waarvan ons 'n sak koop vir padkos, en pre-packed boksies waarvan ons 'n spulletjie koop vir presentjies. Terwyl ons shop sample Riaan solank die blueberry TD op die stoep buite...
Na al die shopping afgelaai is by die hotel, raak dit al laat en ons laat spaander, want ons wil ook nog eers na die Aquaduct toe stap voor ons oor die rivier na Taksim gaan. Die Aquaduct is 'n reuse struktuur, en ons het gereken ons sal hom van ver af al sien, maar tog moes ons 'n rukkie lank rondloop voor ons dit vind. Het ook by die Istanbul Universiteit verbygestap - baie indrukwekkende geboue. Uiteindelik vind ons die Aquaduct en verwonder ons eers 'n rukkie daaraan dat die vroeëre mense sulke goed kon bou. Daarna stap ons oor die brug na die ander kant van die Golden Horn. Klompe mense wat visvang van die brug af. Ander kant wandel ons ook 'n bietjie rond voordat ons die Galata Tower vind, waar ons nie eintlik wou opgaan nie, maar toe moet Riaan so nodig by 'n toilet uitkom dat hy besluit daar moet een in die toring wees, ons betaal maar ingang. Dit was 'n duur piepie teen R50 pp. Die Vosse het wyslik besluit hulle wag vir ons by 'n restaurantjie in 'n straat by die onderkant van die toring.

Van bo af het mens 'n uitsig oor 'n groot deel van die stad, en dit is mooi, maar dit was so hazy dat ons nie besondere mooi fotos kon neem nie. Ek dink dit moet baie mooi wees net voor sonsonder. Daar is 'n peperduur restaurant bo, en dit moet nogal iets wees om daar te eet in die aand. Ongelukkig heeltemal buite ons league. Ons besluit om die trappies af te vat, en halfpad af kry ons 'n venstertjie waaruit ons afkyk op die restaurantjie waar die Vosse sit. Na heelwat gewaai, geskree en gefluit, sien hulle ons eindelik en daar word wedersyds fotos geneem. Heel oulike plekkie wat hulle gekies het, en ons eet ook gou eers daar ietsie en drink 'n Efes, die local bier. Ons is nie groot op bier nie, maar moes dit darm proe. Vervris en verlig stap ons verder en vind die Istiklal Caddesi. Daar is 'n pragtige ou trem wat in die middel van die straat oploop, en verder is dit al die groot kettingwinkels en nog 'n paar kleineres aan weerskante van die straat. En vreeslik baie mense! Dis 'n lang straat, en ons loop ver. Halfpad koop die Vosse eers vir Rudi twee baie mooi dasse. En ons luister na straatmusiekante wat op 'n opgeblaaste bosvarkvel doedelsak speel. Heel aan die bopunt van die straat is Taksim Square, en vandaar was ons volgens die kaart veronderstel om 'n park te kry. 'n Groot park. Waarna ons omtrent 'n uur lank gesoek het. Toe ons eindelik by 'n park uitkom, is ons voete seer en ons is moeg gestap - maar dit is nog 'n ent tot by die paleis waar ons eintlik heen oppad is, en ons stap maar weer na 'n kort blaaskans. Ons het die dag seker die verste gestap wat ons heelweek gestap het - ons reken so 25-30 kilos. Ons het net om die paleis gestap, want dit was net voor toemaaktyd, en toe terug na die trem, met die trem oor die rivier en toe stap ons terug hotel toe want ek wou nog by nog 'n Turkish Delight winkel in Eminonu gaan kyk.

Ons laaste aand, en ons was nie lekker seker waar om te gaan eet nie, maar toe onthou ons daar is 'n plek wat pannekoek verkoop op die toeristestraat, en besluit eenparig dat dit 'n goeie afwisseling van kebabvleis met yoghurt of vis is. Dit is toe 'n baie oulike plekkie, en ons sit op kussings by sulke lae tafeltjies. Heerlike crepes met vulsel in, nie duur nie, en halfpad deur kom 'n klompie musikante ook in wat by elke tafel speel en dan 'n groot tip verwag. Daar is ook lawwe hoede wat die waiter vir ons opsit - goed vir 'n paar fotos. Die restaurant is regoor die Hamami, en ek en Mariette gaan nog gou vir 'n vinnige shopping trip - handdoeke wat hulle daar verkoop.
By die hotel gekom is dit afskeid, en probeer slaap. Ons moet die volgende oggend 2uur opstaan om 3uur die shuttle lughawe toe te vat, om 8uur te vlieg. Wil drie ure voor die tyd, dus 5uur, daar wees, en dit vat 'n uur lughawe toe. Omar hulle het nog 'n kuier ook gehad op die boonste vloer, so ons het nie veel geslaap nie.

Turkye en Italië: Dag 4 - die res van die dag



By ons hotel gekom (dis nou die een waar ek en Riaan toe bly) is die manne nog nie daar nie en ons sit by die restaurantjie aan die hotel om iets te drink. Ek drink 'n yoghurt-drink (hulle is groot op yoghurt-drinks in Istanbul, en dit is ook gewoonlik die goedkoopste drinkding. Gelukkig is dit vir my lekker!) en Mariette wil 'n bier hê. My yoghurt drink is soos 'n yoghurt slushpuppy, en hulle bring dit in 'n koperbeker wat lyk soos 'n keteltjie amper. Toe hulle Mariette se bier ook in so 'n beker bring, wil sy weet of sy nie eerder 'n bierglas kan kry nie. Nee, verduidelik hulle, hulle het nie 'n dranklisensie nie, so as hulle bier in 'n bierglas bring is dit te maklik om te sien dat hulle die wet oortree. In so 'n koppie weet niemand dit is bier behalwe die persoon wat dit drink nie. :-)

Net toe kom die manne daar aan, redelik gatvol, want die eienaar van die huidige restaurant het vir hulle gesê dat Omar sê ons moet almal terugskuif na Hotel By Sofia. Toe hulle vir Omar gaan vra of ons nie maar kan bly waar ons is vir die laaste twee nagte nie, sê hy net nee. So ons moet toe maar weer al ons goedjies bymekaarkry en oorskuif na ons eerste hotel. Ons kry weer ons ou kamer, en Rudi hulle kry die basement kamer. Die stort is so laag dat Riaan die dak kan raak as hy op sy knieë staan!
Ons settle in, en toe gaan stap ons langs die see waar ek en Riaan die eerste dag was. Wys vir die Vosse die vismarkte, en koop 'n fish sandwich vir R20. Mmm, goeie waarde vir geld, dit was baie lekker. Daarna stap ons deur 'n minder gegoede residensieele deel van die stad, baie nou straatjies, en baie steil! Na 'n mooimaak draai by die hotel (ten minste is ons nou in dieselfde een!) gaan eet ons by Buhara 93 (of so iets) wat ook mooi op hulle bord adverteer: We have terrace. Ons sit lekker op die dak en kan Doy Doy sien waar ons die tweede aand geëet het. Lekker kos, maar baie op dieselfde trant, kebab vleis met 'n sousie by. Rudi hulle se vis lyk lekker. Daarna gaan ons na 'n oulike restaurant met klomp lae sitplekkies en live musiek in 'n nagmark wat ons gister ontdek het, om poeding te eet en musiek te luister en passiewe hubbly rook in te asem. Ons eet snaakse tradisionele poedings: chicken breast poeding (nee daar is nie vleis in nie), ryspoeding en een of ander chocholate poeding. Alles baie lekker. Toe drink ons tee, want ons het gehoor daar is 'n danser wat kom, maar toe vat hy so lank dat ons so kwart voor 10 besluit om te loop. Die waiter sê vir ons die danser kom nou-nou, toe gaan sit ons maar weer en drink nog tee. Uiteindelik kom die ou aan, 'n man met wit klere aan en 'n swart jas bo-oor. Hy staan op die verhogie, buig, trek die jas uit, en draai al in die rondte op een plek met een arm bo sy kop op maat van die musiek. Baie vreemd. As die liedjie ophou, trek hy weer sy jas aan, buig, staan 'n rukkie stil, buig weer, trek weer sy jas uit en doen weer dieselfde dans op die volgende liedjie. Ons het so drie keer gekyk en toe het ons dit ook gesien. Was 'n lekker vibe by die plekkie, en ons was bly ons het gegaan.

Turkye en Italië: Dag 4 - Grand Bazaar en Hamam


Na die piekniek, en 'n lekker middagslapie in die son, is ons na die Grand Bazaar. Ons was nogal versigtig, want het gedink almal sak op jou toe om goed aan jou te verkoop, en dat mens nie kan loop sonder dat iemand jou hassle nie, maar dit was toe glad nie so erg nie. Dit is die grootste onderdak mark in die wêreld, met 66 strate en straatjies, meer as 4000 winkels, banke, 'n moskee, poskantoor, private sekuriteitsbeamptes en 'n gesondheids-sentrum. Dis soos 'n klein dorp! Dit is gebou in 1453, en daar is streng reels en regulasies wat die winkeleienaars moet volg wat al van lankal af aankom. 'n Mens moet net iets daar koop en 'n bietjie bargain, so ek het 'n Pashmina serp gekoop, en Mariette 'n mooi slaai/vis bak.

Daarna is ek en Mariette na die Hamami. Die mans het besluit dat hulle dit 'n skip sal gee, aangesien dit nogal duur is en hulle voel ons sal dit meer geniet as hulle. Ons los hulle toe om 'n bier iewers te gaan drink, en ons durf die Turkse bad aan. Dit was 'n baie interessante ervaring. Jy betaal jou geldjies, en kry 'n kaartjie waarop daar staan watter "treatment" jy gevat het. Die gee jy vir die vrouens wat die waswerk doen as jy binne kom. Daarna gaan jy na 'n locker room waar jy hou klere en sakke in 'n locker toesluit, en die bikinibroekie aantrek wat hulle mens gee en die handdoekie om jou draai. Dan gaan jy na die sentrale "waskamer". Dit is 'n groot kamer met 'n koepel bo-oor wat klein gaatjies het waardeur die lig inkom, en 'n groot steen-tafel in die middel waarop mens lê. Aan die kante is kleiner kamertjies met borrelbaddens en wasbakke met koue water. Die "attendants" is groot vrouens met baie min aan wat jou wys waar om te lê en jou kom was nadat jy 'n rukkie gelê en sweet het. Jy kry, saam met jou bikinibroekie in 'n pakkie, ook 'n persoonlike washandjie/scrub wat hulle net op jou gebruik, so die hele storie is baie higienies. Nadat mens 'n rukkie gelê het, kom 'n attendant en gooi jou vol water en was jou met jou washandjie. Elke nou en dan gooi sy nog water oor, of 'n bondel seepskuim, en as jy moet opdraai slaan sy jou op jou boud. Hulle was mens se hare ook, en as hulle klaar is kan jy of nog lê op die tafel (dit is soos 'n sauna daarbinne) of jy kan in 'n borrelbad gaan sit of jy kan jou afspoel met lekker koue water. Daar is turke wat nie self bad nie, maar wat net 'n keer of wat per week na die Hamams gaan. Die een waar ons was, Cemberlitas, is 'n gewilde een onder toeriste. (http://www.cemberlitashamami.com.tr/)

Turkye en Italië: Dag 4 - Topkapi paleis







Ons was nie so beindruk met die paleis nie. Dalk omdat ons dit sonder 'n lewendige gids gedoen het , net met oorfone, maar daar is 'n klomp werkerye en baie kamers is toe. Dit is nou maar net 'n klomp geboue sonder veel in, die tuine rondom waar ons daarna gaan piekniek hou het, is mooier.




Dit is elk geval gebou tussen 1459 en 1465, as die plek waarvan die nuwe Ottoman regering regeer het.

03 Junie 2010

Turkye en Italië: Dag 3 - Die res van die dag


Na al die baie besienswaardighede is ons honger, en Arzu wil by die Pudding Shop gaan eet. Ons wil nie, want dit is te toeristies (en duur), maar sy dring so soortvan aan. Gelukkig is dit vol, toe gaan ons by 'n plekkie daar naby (maar nog steeds op die toeriste straat) wat klomp kos het waarvan jy uitkies en dan betaal mens per gewig. Dit is eintlik nice, want hulle het 'n lekker verskeidenheid, en mens kan sien hoe dit lyk. Selfs in Turkye is prentjies maar misleidend...

Dit was ons duurste middagete in Istanbul op die ou end, maar ons het baie lekker geëet. En sy het haar geheim verklap, nl. dat sy verniet kan eet op die toeristestraat as sy haar toergids badge wys.

Daarna gaan wys sy vir ons die Asiese deel van Istanbul (neem die ferry vanaf Eminonu), waar
sy bly. Dit is baie minder toeristies en baie nice, met klomp winkels en stalletjies wat vars produkte verkoop. Ons loop 'n draai deur 'n paar strate saam met haar, en toe sê sy dis nou tyd vir betaal en ons haal maar die dollars uit en loop verder op ons eie. Ons het natuurlik baie goed gespot wat ons wil proe, so ons doen weer die rondte, en proe turkish delight met room, yoghurt met heuning, vars aarbeie en gebraaide mossels. Ons doen ook shopping vir more se piekniek middagete in die tuine van die Topkapi paleis, en koop 'n bottel wyn by 'n "goedkoop" wynshop.






































'n Turk wat regte egte turkse koffie maak

Toe kan ons nie dink wat om nog daar te doen nie, vergeet HEELTEMAL van die mooi stasiegebou en vat die ferry terug.

Terug by Eminonu gaan soek ons eers die Spice bazaar/Egiptian market. Dit is 'n onderdak mark waar al die stalletjies spices en verwante goed (ook baie turkish delight) verkoop. Die kruies is meestal pragtig uitgestal in bakke, en maak vir baie mooi fotos. Ek het by die Asiese markte Turkse saffraan gekoop - dit was lekker goedkoop vir 'n groot pakkie vol. Ek is gewoond daaraan om deur my ore te betaal vir 'n knypie van die goed - so het die "bargain" aangegryp. Oral in die spice bazaar sien ons ook die goedkoop Turkse saffraan, en sommige stalletjies het ook die heelwat duurder "regte" saffraan. Ek vra toe vir 'n mannetjie wat altwee verkoop wat die verskil is. Nee, sê hy, die Turkse saffraan is vir die Duitsers wat dadelik dink "Ha, dis 'n bargain", maar eintlik is dit bullshit. Oo, sê ek toe, nou maar dis goed ek het nie daarvoor geval nie. Maar eintlik het ek toe al..












































Na 'n kort sessie by die hotel, gaan ons terug na die toeristestraat om by 'n Kebap plekkie te gaan eet wat gelyk het of dit lekker groot broodjies met kebabvleis het vir baie goedkoop. Dit was ongelukkig weer 'n geval van oëverblindery deur prentjies, en wat soos 'n merske broodjie gelyk het wat jy met twee hande moet vat met vleis en ander goodies wat omtrent langs die kante uitval, is toe 'n dingetjie soos 'n opgerolde pannekoek en mens moet soek vir die vleis binne-in. Gelukkig het Rudi hulle die voorsienigheid (en die vrygewigheid) gehad om 'n Mezze platter en 'n ander voorgereg vir die tafel te koop, so op die ou end het ons darm heeltemal genoeg geëet.

Toe nog eers gou deur 'n paar toeristiese winkeltjies gaan stap voor slaaptyd.