02 Junie 2010

Turkye en Italië: Dag 3 - Aya Sofia


Vanaf die Blue Mosque is ons na die Aya Sofia. As daar nou een gebou is wat mens moet sien in Istanbul, dan is dit die Aya Sofia. Vir omtrent 1000 jaar was dit die grootste toegeboude spasie in die wêreld. Dit is nie gebou om God te verheerlik, soos mens dalk van so 'n kerk sal verwag nie, maar om die krag en rykdom van die Byzantine heersers te bewys aan hulle eie onderdane en aan besoekende belangrike persone.
Aya Sofia beteken "Church of the Divine Wisdom".

Die huidige gebou is die derde kerk wat op die spesifieke plek staan: dit is in die 6de eeu ge-"commission" deur Emperor Justinian nadat die voorganger verwoes is in die Nika opstande in 532. Die argitekte moes 'n gebou skep wat komponente kombineer in 'n manier en skaal heeltemal onbekend tot die Byzantine wêreld, en geen poging om dit na te boots sou daarna tot in die 16de eeu probeer word nie. Dit het 'n baie groot simbool van mag gebly lank nadat die Byzantine era al verby was, en dit het 'n obsessie geword by een van die grootste Ottoman argitekte, Mimar Sinan (onthou hom van die Blue Mosque) wat sy lewe gewy het daaraan om te verbeter op die tegniese wondere van die kerk.

Die koepel is 30 meter in deursnee, en word nie deur soliede more ondersteun nie. Dit het oorspronklik 5 jaar gevat om te bou, maar na 20 jaar en 'n paar aardbewings het die dome ineengestort, en 'n nefie van een van die oorspronklike argitekte moes dit herbou. Hy het die koepel nog hoër gelig, en 'n klomp groot vensters verwyder, wat dit baie donker aan die binnekant maak. Dit is blykbaar omdat die mosaike van daardie tyd ontwerp is om die beste te lyk in kers of lamplig - die flikkerende lig op die glas of goudstukkies laat hulle amper lewendig lyk.

In die vierde Crusade het die Katolieke soldate die plek weer verwoes (darm nie afgebreek nie), en selfs 'n prostituut op die altaar laat sing en dans om die oosterse kerktradisies te verkleineer. In 1453 het Mehmet the Conquerer die stad oorgeneem, en die kerk in 'n moskee verander. Dit was maklik om die minnarette by te bou, maar al die pragtige mosaike in die kerk moes toegemaak word, omdat moslems nie afbeeldinge van enige lewende ding in 'n moskee mag hê nie. Daar is alerhande patrone oor geverf, en die gebou is tot in 1932 as 'n moskee gebruik, waarna dit as 'n meuseum verklaar is, en restoreerwerk begin het om die oorspronklike mosaike oop te maak. Die restoreerwerk is vandag nog aan die gang en daar staan 'n klomp scaffolding rond, en mens sien dat dit nog dalk vir 'n paar honderd jaar gaan aangaan. Dit is 'n vreeslike sensitiewe saak, want die verfwerk wat oor die mosaike is, is natuurlik ook oud en het ook waarde. En dit moet baie stadig en versigtig afgehaal word om nie dit wat onder is te beskadig nie. En dan is daar ook nie altyd eers iets onder nie...








Daar is regtig baie mooi mosaike wat hulle al oopgemaak het, en mens kan ook die verskil tussen die kunstenaars sien. Sommige van hulle was baie goed, en die mosaike lyk baie life-like, hulle oë bly selfs op jou soos jy beweeg, waar ander gesigte nou weer hol en sonder lewe lyk.

Daar is 'n hoekie in die kerk waar klompe toeriste 'n pilaar soen en 'n wens maak. Daar was blykbaar 'n soldaat wat daar moes wag staan, en bietjie moeg geraak het vir die storie, en toe 'n paar draaie gaan loop het. Toe dit ontdek was dat hy sy pos verlaat het, is hy amper oor die kole gehaal maar hy dink toe 'n slim storie uit en sê dat 'n engel aan hom verskyn het en belowe het dat hy die soldaat se wagbeurt sal oorneem tot hy terugkom. Sy base sê toe, maar dan moet hy glad nie teruggaan nie, want dit beteken dat die engel virewig daar sal bly. En volgens die legende is die engel dus vandag nog daar.

Geen opmerkings nie:

Projects