18 Julie 2010

Spaanse Saterdag

'n Paar naweke terug het Laura wat vir ons Spaans gee saam met haar familie vir ons kom kuier. Haar ouers was ook hier uit Israel, en hulle kan maar baie min Engels praat, so dit was 'n goeie geleentheid om Spaans te oefen. Ons het 2 en 'n half maande laas Spaans gehad, so dit het maar moeilik gegaan. Ek sal weer moet begin swot!

17 Julie 2010

11 Julie 2010

The lost Chord

I sat alone at the organ,
At the close of a troubled day,
When the sunset's crimson embers
On the western altar lay.
I was weary with vain endeavour,
My heart was ill at ease,
And I sought to soothe my sadness
With the voice of the sweet-toned keys.

My hands were weak and trembling
My fingers all unskilled,
To render the grand old anthem
With which my soul was filled.
Trough the long day's cares and worries,
I had dreamed of that glorious strain,
And I longed to hear the organ
Repeat it to me again.

It fell from mine untaught fingers
Discordant and incomplete,
I knew not how to express it,
Or to make the discord sweet;
So I toiled with patient labor
Till the last bright gleams were gone,
And the evening's purple shadows
Were gathering one by one.

Then, a Master stood beside me,
And touched the noisy keys,
And lo! the discord vanished
And melted in perfect peace.
I heard the great organ pealing
My tune that I could not play,
The strains of the glorious anthem
That had filled my soul all day.

Down through the dim cathedral
The tide of music swept,
And through the shadowy arches
The lingering echoes crept;
And I stood in the purple twilight
And heard my tune again -
Not my feeble, untaught rendering,
But the Master's perfect strain.

So I think, perchance, the Master,
At the close of life's weary day,
Will take from our trembling fingers
The tune that we cannot play;
He will hear through the jarring discord
The strain, although half expressed;
He will blend it all in perfect music,
And add to it all the rest.

- Uit The Realm of Spirits: Hugo van den Dool
http://www.youtube.com/watch?v=ToBxsZKrUQU&feature=related

09 Julie 2010

Ons was ook daar!





So kry ons toe ook 'n geleentheid om 'n sokker-game te gaan kyk in die nuwe Groenpunt/Kaapstad stadium.
Pa Arend en Pa Gerrit het 2 ure na mekaar gebel om ons hulle sokker kaartjies aan te bied. Nou kyk, gawer ouers kry mens darm nie!















Ons moes mooi wik en weeg, maar Pa Arend se verkoue het ons laat besluit om sy gesondheid in ag te neem en hom nie in 'n koue stadium te laat gaan sit nie. So ons neem toe maar hulle kaartjies en gaan saam met my ouers.










Wat 'n belewenis! So baie mense, soveel gees, en so 'n wonderlike stadium. Well done, SA!

Soccer Madness



Holland-Brazil






Holland-Camaroon
Holland-Uruguay

08 Julie 2010

Die ander Mia in ons lewe

Mia Murray

En Mia en Flint..

Nog 'n paar fotos..



Further along Route 62


Montagu was die volgende slaapplek, en ons het so met sononder by De Bos ingeklok. Die lekker ding van die bakkie is dat mens niks moeite het met dinge uitpak en tente opslaan nie, so ons het net die bakkie parkeer en 'n draai deur die dorp gaan stap. Die bord by die Hotel wat sop en brood vir R25 adverteer, het ons magies laat begin rammel, en ons het besluit ons is eerder lus vir sop as braaivleis - dis anyway baie minder moeite. Ons is toe sommer ook reg vir gaan slaap toe ons weer by die kamp kom, maar nadat ons tande geborsel is en ons al in die bed geklim het, besluit Marna sy is lus vir tee maak, en toe sommer ook vir vuur maak, en ons is altwee weer daar uit en het nog 2 ure lank langs 'n kampvuurtjie gesit. Die voglende oggend was SO koud en ons het tevergeefs probeer om nog 'n klein bietjie hitte uit die assies te kry.

Na 'n heerlike ontbyt by Montagu se baie oulike Saterdagmark, vat ons maar weer die pad na die einde van ons roadtrip.

Blue Cow


By Barrydale het ons by 'n baie oulike plekkie gestop vir koffie. Dit is hoogs aan te bevele - hulle koffie is lekker en goedkoop, hulle koek is lekker en goedkoop, die uitsig is pragtig, en daar is 'n oulike tweedehandse boekwinkeltjie langsaan (waar mens so dan en wan 'n boek kan optel wat deur 'n Van den Dool geskryf is!)

Hup Holland


Ons het ook 'n paar van die Oranje manne teegekom langs die pad.

Carlitzdorp wyntoer

Volgende op ons agenda was om bietjie te gaan kyk of Carlitzdorp sulke lekker port het soos wat almal sê. Ons was wel beindruk met 'n klompie drank wat die verskeie kelders te koop gehad het..

Omkoopstories

Na die grot-experience, moet ons 'n plek gaan soek om te slaap. Ons besluit ons is lus vir warm water en gaan kyk 'n bietjie hoe lyk Carlitzdorp se Spa. Daar aangekom, deel die hekwag ons mee dat dit R190 gaan kos vir ons twee om 'n nag daar te kamp. Dit is darm baie geld, en ons probeer by hom uitvind of ons dit vir minder kan doen, dis tog net vir slaap en 'n bietjie in die warm water lê (en 'n plek om die Holland-Camaroon sokker game te kyk) en ons beplan om vroeg die volgende oggend te ry. Hy het uitgevra oor hoe vroeg ons die volgende oggend sou ry, en ons toe in gelaat vir R120. Ok maar lekker stupid, besef ons nie wat besig is om te gebeur tot dit te laat was nie, hy het natuurlik die geld in sy sak gesteek en ons nie ingeboek nie.

Ons het die aand heerlik in ons drafklere (wie pak nou swemklere vir 'n roadtrip in die middel van die winter?) in die warm water rondgelê, en later die aand die game gaan kyk in die ontspanningsaal. Volgende oggend besluit ons is nie eintlik lus om so vroeg te ry nie, en eers weer gaan swem. Terug by die kamp vind ons die volgende briefie op ons tafel. Die hekwag wou seker maak hy word nie uitgevang nie!

Kaas-inset

Hierdie post moes eintlik voor die kangogrotte ingekom het. Gay se kaas in Prins Albert.

Kangogrotte



Donderdagoggend nie te vroeg nie (so 10:00) is ons eers Prins Albert toe om vir Gay te gaan kuier en bietjie op te stock op kaas, yoghurt en melk. Ons is daar weg met 'n koeltas vol suiwel. Toe oor die Swartbergpas na Oudtshoorn, waar ons besluit ons het te lanklaas die Kangogrotte gedoen en sal beslis die avontuurtoer moet meemaak, veral teen die belaglike goedkoop (vir ons altwee wat onlangs oorsee was en oorsese pryse vir goed betaal het) R75 pp.



Ons groepie vir die toer was so gestruktureer: Die baas (gids), die tannies (ons) en die kleuterskool (3 jong couples wat gelyk het of hulle net 'n donker hoekie soek om in stout te wees). Nadat ons almal by die baas seker gemaak het dat ons dun genoeg is om deur al die gaatjies te squeeze, en die hele storie oor die tannie wat 3 jaar terug vasgesit het uit haar uitgetrek het, is ons deur die tonnels, gate en lysies. Dit was vet pret (eerder dun pret) en behalwe vir 'n knie-of kopstamp hier en daar, is ons sonder enige probleme deur.

07 Julie 2010

Just-girls-road-trip


So moet Riaan vir 'n week Johannesburg toe gaan vir werk, en siende dat ek nou nie meer so baie werk nie, en Marna in elk geval besluit het om die week af te vat en op die plaas te gaan kuier, en siende dat ons die bakkie tot ons beskikking het, en siende dat ons lus is vir avontuur, en siende dat ons baie goeie buddies is wat vir ure kan klets en nie moeg raak vir mekaar se geselskap nie, en siende baie ander dinge wat ek nou nie alles kan onthou nie, het ons besluit om 'n halwe week road trip te maak.

Ek het die Woensdagmiddag van Stellenbosch af vertrek, en was so rondom 8pm by Marna hulle se plaas naby Merweville. Dit was so lekker om weer op die plaas te kuier, en ek was amper spyt ons moet die volgende dag weer weg. Maar ons het al baie lank uitgesien na die trip - en gelukkig is die plaas nog daar vir 'n ander keer!

Baie dankie aan tannie Chrissie en oom Stollie vir 'n lekker kuier-om-die-vuur-met-rooiwyn-en-olywe-en-tjoppies aand!

Extended Van den Dool familie

Lise kom kuier en dan moet daar familiefotos geneem word.

Pringlebaai kry 'n kaggel!


Bokslag

Om te keer dat ons nie weer nie weet hoe om iets te slag nie, het Jaco besluit ons moet 'n les kry in bokslag.

Terug by die huis..


En by Mia, wat baie bly was om ons te sien, maar nie haar gevoelens maklik wys nie.

Projects