06 Julie 2010

Brusagio


Die plekkie waar ons die volgende 3 nagte geslaap het. Die gashere is Rob en Jollie, twee Hollanders. http://www.brusagio.com/

Die plek het so 'n Peter Mayle gevoel - hulle het moeg geraak van die vinnige lewe in Rotterdam, en eers in Frankryk 'n plekkie in die platteland gaan soek, en op die ou end hier beland. Die geskiedenis van die plek is ook op hulle website.


Dit is die flippenste coolste plekkie, hulle het 'n hele klomp verskillende huisies, van 'n groot huis na 'n tent, en 'n heerlike groot kombuis met alles wat mens nodig het wat almal mag gebruik. Daar is ook aparte kombuise in die huisies, behalwe die tent. Ons het in 'n huisie gebly wat effens apart staan van die ander, Rustico. Dit was heerlik rustig, en ons het so lekker gekuier en gechill. Met Irmarius aan die kook-stuur, het ons ook vreeslik lekker geeet, en al die lekker wyn gedrink wat ons op pad gekoop het. Dit was nog koud, so ons het die kaggel in die eetkamer baie waardeer. Riaan was ook 'n hele dag siek in die bed - gelukkig het ons 'n lekker plekkie gehad waar hy kon rus en hoef hy nie in 'n tentjie probeer beter word het nie.

Geen opmerkings nie:

Projects