06 Julie 2010

Camogli

Spigno is lekker geleƫ as mens vir 'n dag Turin/Torino toe wil gaan, of anders af na die kus. Ons het die kus gekies, en 'n plekkie met die naam Camogli, waarvan Tracey ons vertel het. Dit is hulle gunsteling plekkie aan die kus, baie naby aan die bekende Chinque Terre, maar nie so heel erg toeristies nie. Hulle hou elke jaar 'n groot fish festival, met reuse panne waarin hulle vis en seekos gaarmaak. Ons was ongelukkig 'n naweek te laat vir die fees, maar het wel die panne gesien.


Op pad af kus toe, het ons vir die eerste keer die Autostrada aangedurf. Dit is ook 'n belwenis, baie besig met betaalpunte waar jy op en afklim, en baie kort invoegies waar mens maar voet in die hoek moet sit en jou kans neem as daar 'n gap is. Riaan het dit heel goed reggekry, en ek was maar bly dat hy bestuur het! Die weer was nie wonderlik nie, maar ons het tog besluit om 'n ferry na 'n klein plekkie waar mens net met 'n boot of te voet kan uitkom, San Frutuoso, te neem. Daar staan 'n baie ou Abbey. Ons moes maar koes teen die reen op die ferry, en daar het ons 'n rukkie rondgekyk en toe weer die volgende ferry terug gevat. Dit was so jammer oor die weer, want mens kan al die pad van Camogli af na Portofino stap, of ons sou van San Frutuoso terug kon stap Camogli toe, maar met die nat weer en die gladde klippe het ons maar daarteen besluit.


Geen opmerkings nie:

Projects