06 Julie 2010

Europacup sokker eindstryd.


So kom ons by een of ander Wellness Centre kampeerplek net buite Pozza di Fazza Meida uit. Dit was die mooiste kampeerplek nog, behalwe dat mens jou tentjie op stene ipv gras moes opslaan. Weer alles outomaties in die badkamers, plus wanneer mens uitstap word jy met 'n verfrissende lekkerruik-spuitjie uit die dak bo die deur gespuit.

Daar is ook 'n lekker restaurant by die kampeerplek, en omdat ons graag die Europacup se eindstryd wil kyk (op aanbeveling van Pa Arend -"julle moet dit kyk as julle in Italië is, dit sal wonderlike gees wees as Italië wen), besluit ons om die aand bietjie van ons geldjies te blaas en in die restaurant te gaan eet. Riaan het pizza in gedagte gehad, maar ek sien toe dat daar 'n hele bladsy vol tradisionele geregte is, en dat dit min of meer dieselfde as 'n pizza kos. Ek praat hom toe om om twee van die geregte te bestel sodat ons kan deel en darm die omgewing se kos ook proe. Net voor ons een of ander dupling gereg bestel (dit is tradisioneel van daai area) sien ons dat daar 'n risotto met ham is waarby daar staan "minimum two persons". Ons wil toe by die kelner weet wat beteken dit, moet twee mense dit bestel voor hulle die gereg maak, of kry mens twee borde kos vir die prys. Hy verseker ons toe dit is "8 Euros, two plates". Dis natuurlik 'n bargain, en ons bestel toe dit. Die risotto was nie wonderlik nie - die rys was nie gaar nie en die ham was maar 5 piepklein stukkies vir garnering. En toe die rekening kom, was dit toe 8 Euros per bord. Was ons vir jou boos! En op die koop toe is dit toe 'n Duitse kampeerplek met Duitse eienaars en Duitse gaste, en toe verloor Duitsland teen Italië en daar heers 'n somber atmosfeer in die restaurant. All in all 'n bietjie van 'n mislukte aand.

Geen opmerkings nie:

Projects