08 Julie 2010

Further along Route 62


Montagu was die volgende slaapplek, en ons het so met sononder by De Bos ingeklok. Die lekker ding van die bakkie is dat mens niks moeite het met dinge uitpak en tente opslaan nie, so ons het net die bakkie parkeer en 'n draai deur die dorp gaan stap. Die bord by die Hotel wat sop en brood vir R25 adverteer, het ons magies laat begin rammel, en ons het besluit ons is eerder lus vir sop as braaivleis - dis anyway baie minder moeite. Ons is toe sommer ook reg vir gaan slaap toe ons weer by die kamp kom, maar nadat ons tande geborsel is en ons al in die bed geklim het, besluit Marna sy is lus vir tee maak, en toe sommer ook vir vuur maak, en ons is altwee weer daar uit en het nog 2 ure lank langs 'n kampvuurtjie gesit. Die voglende oggend was SO koud en ons het tevergeefs probeer om nog 'n klein bietjie hitte uit die assies te kry.

Na 'n heerlike ontbyt by Montagu se baie oulike Saterdagmark, vat ons maar weer die pad na die einde van ons roadtrip.

Geen opmerkings nie:

Projects