06 Julie 2010

Inspirasie

Een aand in die kampeerplek by Ora het daar 'n ouerige couple (Ben en Joice Thomas) met 'n baie interessante fiets ingery gekom. Ons het die volgende oggend bietjie met hulle gesels. Hulle het in Rome begin ry en was oppad Innsbruck toe!! Hulle moet al naby aan 70 wees, die tannie loop skoon krom (dalk van die baie fietsry). Hulle het al deur 'n hele paar lande gefiets, maar dit raak nou moeilik sĂȘ hulle met die versekering. Omdat hulle al ouerig is, moet hulle baie duur betaal vir lewensversekering as hulle sulke togte aanpak.

Ons het belowe om hulle op ons blog te feature as 'n inspirasie vir almal wat dink die lewe is boring of mens raak te oud om lekker dinge te doen!

Geen opmerkings nie:

Projects