07 Julie 2010

Just-girls-road-trip


So moet Riaan vir 'n week Johannesburg toe gaan vir werk, en siende dat ek nou nie meer so baie werk nie, en Marna in elk geval besluit het om die week af te vat en op die plaas te gaan kuier, en siende dat ons die bakkie tot ons beskikking het, en siende dat ons lus is vir avontuur, en siende dat ons baie goeie buddies is wat vir ure kan klets en nie moeg raak vir mekaar se geselskap nie, en siende baie ander dinge wat ek nou nie alles kan onthou nie, het ons besluit om 'n halwe week road trip te maak.

Ek het die Woensdagmiddag van Stellenbosch af vertrek, en was so rondom 8pm by Marna hulle se plaas naby Merweville. Dit was so lekker om weer op die plaas te kuier, en ek was amper spyt ons moet die volgende dag weer weg. Maar ons het al baie lank uitgesien na die trip - en gelukkig is die plaas nog daar vir 'n ander keer!

Baie dankie aan tannie Chrissie en oom Stollie vir 'n lekker kuier-om-die-vuur-met-rooiwyn-en-olywe-en-tjoppies aand!

Geen opmerkings nie:

Projects