06 Julie 2010

Milan



Die laaste oggend het ons lekker vroeg opgestaan en alles gepak. Die res van die rit langs Lake Como af was gelukkig met min verkeer omdat dit so vroeg is, en ons het maklik op die pad na Malpensa gekom. Gelukkig die lughawe maklik gevind (die laaste petrolpomp voor die lughawe minder maklik) en die kar sonder moeite teruggegee. Toe is dit 9:00 en ons vlieg eers half 6, so die enigste ding om te doen was om 'n bus in te vat Milan toe. Ons het 4 ure in Milan gehad in die gietende reën. Nie 'n aanbevole manier om Milan te doen nie. Ons het ook nie besef hoe groot die stad is nie, en nie 'n ordentlike kaart gehad nie. Die bus het ons by die sentrale stasie afgelaai, en ons wou die Duomo gaan kyk, so na 'n rukkie se uitfigure en handkaarte teken, sit ons af in die rigting Duomo. Dit was 'n goeie uur se stap. Dit het hard gereën toe ons daar kom, en ons het amper sopnat geword toe ons saam met 'n skare mense by die deur moes probeer inkom. Die Duomo is wel baie indrukwekkend, maar ek kan nie dink hoe mense God daarbinne kon vind nie. Daar is te veel goud en te veel detail. Ons het gou 'n draai binne gestap, 'n paar fotos geneem, en toe weer die reën getrotseer tot onder die dakke van die winkels. Toe weer terug na die stasie - onderweg nog 'n foccasia geëet, 'n laaste espresso en cuppochino gedrink, en vir Mieke 'n piek dolfyn gekoop. Toe ons die stasiegebou kon sien, wil ons om 'n blok stap net vir interessantheid, en verdwaal toe ampertjies heeltemal. Gelukkig het 'n goeie siel ons weer in die regte rigting gewys, en ons het die bus betyds gevang.

Geen opmerkings nie:

Projects