08 Julie 2010

Omkoopstories

Na die grot-experience, moet ons 'n plek gaan soek om te slaap. Ons besluit ons is lus vir warm water en gaan kyk 'n bietjie hoe lyk Carlitzdorp se Spa. Daar aangekom, deel die hekwag ons mee dat dit R190 gaan kos vir ons twee om 'n nag daar te kamp. Dit is darm baie geld, en ons probeer by hom uitvind of ons dit vir minder kan doen, dis tog net vir slaap en 'n bietjie in die warm water lĂȘ (en 'n plek om die Holland-Camaroon sokker game te kyk) en ons beplan om vroeg die volgende oggend te ry. Hy het uitgevra oor hoe vroeg ons die volgende oggend sou ry, en ons toe in gelaat vir R120. Ok maar lekker stupid, besef ons nie wat besig is om te gebeur tot dit te laat was nie, hy het natuurlik die geld in sy sak gesteek en ons nie ingeboek nie.

Ons het die aand heerlik in ons drafklere (wie pak nou swemklere vir 'n roadtrip in die middel van die winter?) in die warm water rondgelĂȘ, en later die aand die game gaan kyk in die ontspanningsaal. Volgende oggend besluit ons is nie eintlik lus om so vroeg te ry nie, en eers weer gaan swem. Terug by die kamp vind ons die volgende briefie op ons tafel. Die hekwag wou seker maak hy word nie uitgevang nie!

Geen opmerkings nie:

Projects