06 Julie 2010

Stap 2: Val di Pozza di Fazza


Die volgende dag besluit ons op 'n bietjie rustiger stap. Gelukkig is die bakker in die dorp oop en ons kan ordentlike (goedkoop) broodjies koop vir middagete. Ons het teen die oorkantste berg uitgestap en mooi uitsig gehad op dit wat ons die vorige dag probeer regkry het, en ook dit wat ons op die ou end gedoen het. Ons het onderdeur 'n hele paar skilifts gestap en dit was interessant om dit van nader te bekyk. Daar was nog 'n hele paar stukke sneeu waaroor ons moes stap, maar gelukkig glad nie so steil soos die vorige dag nie.

Ook mooi blommetjies en fynbos gesien. Die laaste stukkie af het ons saam met 'n Duitse tannie gestap wat vanaf die kampplek reguit op deur die bos gestap het en verdwaal het.

Geen opmerkings nie:

Projects