31 Augustus 2010

Dit is heerlike Lente

Op die voorstoep van lente verslaap ek vanoggend... So ongeveer so 7:23 uit die stort en reg vir die dag toe ek sien hoe mooi die son opkom. Hier is die foto....... ons wens vir almal 'n lekker lente dag toe!
Riaan en Kari

29 Augustus 2010

Doorduine kuier om 'n springbokboud


Amper vergeet ek ons het wel fotos geneem laasnaweek! Dankie aan Pa Arend en Ma Hannetjie vir die kuier, aan Jaco vir die springbokboud, en aan Riaan vir die foto.

21 Augustus 2010

Liesbet se 30ste


Sjoe daar is van ons vriende wat nou eers 30 raak! Ons het heerlik gekuier om die beroemde kospotte van die Van Daalens. In Colyn se woorde - die poeding is soos die Romeine - dekadent maar Wêreldverwoestend!





(veral in die hande van klein Mia!)














Ons interessante vriende...




Een van hulle, at least.

19 Augustus 2010

High Tea at the Mount Nelson




As this is a very English tradition, I will report on it in English. Marna promised to take me on an outing for my birthday. Today was a good day for both of us to do this, so I picked her up at Tygerberg - of course not having a clue where we were going.


It was a very good surprise!

18 Augustus 2010

Sekerlik op Suid Afrikaners ook van toepassing..


Ek leen die volgende stukkie uit 'n blog deur C.S. Hayden http://cshayden.blogspot.com/


This alarming possibility [of newspaper extinction] threatens all of us, because reading newspapers is, in the end, what makes us Americans. We are prudent, practical, common-sense people. And what could be more common-sense -- more downright American -- than chopping down vast swaths of trees, loading them onto trucks, driving the trucks to paper mills where the trees are ground into paste and reconstituted as huge rolls of newsprint, which are put back onto trucks and carted across the country to printing plants where they are turned into newspapers as we know them (with sections folded into one another -- or not -- according to a secret formula designed for maximum mess and frustration and known only to a few artisans) and then piling these finished newspapers into a third set of trucks that fan out before dawn across every metropolitan area dropping piles here and there, so that a network of newspaper deliverers can transfer them to smaller trucks or cars and go house to house hiding newspapers in the bushes or throwing them at the cat, and patriotic citizens can ultimately glance at the front page, take Sports to the john, tear out the crossword puzzle and throw the rest away?

17 Augustus 2010

Kol-Kol


Ons is kampers. Ons is nie huisiemense nie. Maar so nou en dan hoor ons van 'n plekkie ('n huisie) wat baie lekker klink, en wil graag ondersoek instel. Tot ons die prys sien, dit vergelyk met die gewoonlik-onder-R100 van kamp, en dan tog maar besluit dat ons eintlik kampers is.

Maar die naweek was anders. Ek het dit alleen gereël, en waar ons saam andersinds bogenoemde besluit sou maak en mekaar ondersteun in die feit dat ons die geld baie beter kan gebruik en tog in elk geval eintlik kampers is en nie huisiemense nie, moes ek die keer alleen wik en weeg. Ek is nie so sterk op my eie nie, en so het ons die afgelope naweek by Kol-Kol beland.


En ons is nie spyt nie!
Die huisie, Bugsy, het alles wat 'n huisie nodig het om dit 'n wonderlike cosy plekkie te maak. 'n oop kaggel, en, die beste ooit, 'n hot tub op die stoep!

Die afwerkings is "rustic" en uniek - hierdie is bv die stortkop.


So 'n bietjie werk om die aand 'n warm kaggelkie te hê..



Alhoewel die veld op die oomblik bietjie gebrand is, kom daar weer heelwat groen uit, en ook 'n paar blomme.



Ons kry binnekort ons nuwe veldblomgids - dan gaan ek die regte botaniese naam van elke blom wat ons post bysit.

09 Augustus 2010

Nou weet ons ook waar Gifberg is!


Ons het die naweek gaan soek na Gifberg. Wel, Sondag en Maandag anyway. En ons het eers Maandag so lunchtyd daar uitgekom. Ons het wyd gaan soek. Sien die kaart. Die hele Sondag in die reen - so ons berge-visie was beperk. Het gaan draai by Papendorp, waar dit so koud en guur was dat ons net oor die duine gaan loer het na die see, 'n paar cool klippe opgetel het wat Riaan in 'n beeltjie vir die bergclub moet gebruik, en toe so vinnig as moontlik weer teruggeklim het in die bakkie. Ons het (tot my spyt nou) besluit dat Doringbaai en Strandfontein ons nie die naweek gaan sien nie, en teruggedraai na Lutzville. Vanaf Lutzville het ons 'n baie cool pad gery, waar ons net een ander motor teegekom het. Dit was die R358, vanaf Nuwerus na Kliprand. Die pad was so stil dat ons lekker so 4uur se kant kon aftrek en 'n middagslapie vang vir so 'n uur agter in die bakkie terwyl dit sous, en niemand het ons gesteur nie. Wat ons later agterkom toe ons na Google Earth kyk, is dat hierdie middagslapie reg by Gifberg was. Maar nie die ene wat ons gesoek het nie - daar was op die ou end twee!

Die pad loop deur die Knersvlakte. Daar is niks, maar ek love dit. Soos tannie Chrissie Esterhuyse sê: dis so wyd soos die Heer se genade. Bossies en sand en hier en daar 'n kliprand. En heinings.. en volstruise en skaap.Dit is 'n plek waar mens baie mooi moet kyk om te sien dat daar eintlik ongelooflik baie is, mens moet net jou visie skuif van baie groot na baie klein.

Ons kampplekkie. Ons het nie gewaag om die hek oop te maak nie, daar is baie mooi uitgespel wat met ons sal gebeur. Of liewers, nie wat nie, maar DAT daar iets sal gebeur. Soveel meer onheilspellend...


Die mooi uitsig vanaf ons kampplek vanoggend na 'n nag se reeeeeen.

Moertoe die verte in....
Ek probeer die Yolandi- en- die- rooi- Texas-motor pose namaak.


Treinspoor in die mis.

Ons het darm nog bietjie blomme ook gesien, al wou die weer nie so mooi saamspeel nie.



En, uiteindelik vind ons hom. Gifberg!

Wie't 'n 4x4 nodig! 'n Toyota bakkie kan Enige Plek ry. Mm, behalwe as die drywer nie wil nie..

Baie cool boesmantekeninge hier!

En soos gewoonlik met 'n trippie Noord, het ons die naweek afgesluit met 'n lekker koffie by ons goeie vriende die Oberholtzers. Wat vir 'n rukkie nou al 3 is!

06 Augustus 2010

Skapie me

Vandag lekker vroeg terug van die werk en nog ligdag hier aangekom.
Ek sien daar in een van die store is daar so bietjie meer as normale aktiwiteit...
Toe is Stephen hulle besig om daar te skeer. Heel geoptimeerde storie. Amper meer as wat ek destyds van Oak Valley onthou, maar dit was darem lank terug toe ek en 'n skaap nog vir mekaar in die oe kon kyk...

03 Augustus 2010

Haelkopskeure


Ons is al lankal bang ons verloor ons Bergclub lidmaatskap omdat ons so min stap, so Saterdag het ons gou 'n vinnige uitstappie onder leiding van Wim aangepak. Haelkopskeure, regs op as mens Jonkershoek inkom. 'n Lekker steil stappie tot in die dennebos, en dan met 'n baie cool nuwe MTB trail op tot op die rand van die bos, dan nog 'n ent op. Die skeure is baie lekker speelplek, en daar is 'n pragtige uitsig oor Stellenbosch van daar bo af. Dit was net baie koud, so ons kon nie lank stilsit of staan nie. Na 'n ruk se speel en 'n vinnige brunch, is ons weer af en was half een onder. Dankie Wim vir 'n prettige uitstappie!

Stef Bos

Vrydagaand het ons so per ongeluk kaartjies gekry vir Stef Bos by Val de Vie. 'n Mooi show, soos altyd, en baie snaaks. By gebrek aan 'n CD of 'n boek het ek maar my hand gehou vir 'n handtekening. :-)


Dubbel Drie


So is dit weer verjaardagtyd (nou ook al 'n week of wat terug) en die keer het ons 'n brunch en koffieproe gehou. Twee masjiene, 9 tipes espresso-gemaalde koffie, espresso-koppies, geen melk of suiker. Ek en Corne het die masjiene bestuur - koppies moet eers met kookwater warm gemaak word, en presies dieselfde hoeveelheid koffie moet in elke masjien afgemeet word sodat almal dieselfde proe. Dit is ongelooflik hoe die koffies verskillend proe afhangende van wat mens voor en na 'n spesifieke koffie proe.

Dit was moeilik, maar op die ou end is die drie wenners:

1) Lavazza Rosso

2) Illy Mocca

3) Douwe Egberts


Die res van die dag net lekker gekuier en bietjie boog geskiet
.

Projects