17 Augustus 2010

Kol-Kol


Ons is kampers. Ons is nie huisiemense nie. Maar so nou en dan hoor ons van 'n plekkie ('n huisie) wat baie lekker klink, en wil graag ondersoek instel. Tot ons die prys sien, dit vergelyk met die gewoonlik-onder-R100 van kamp, en dan tog maar besluit dat ons eintlik kampers is.

Maar die naweek was anders. Ek het dit alleen gereël, en waar ons saam andersinds bogenoemde besluit sou maak en mekaar ondersteun in die feit dat ons die geld baie beter kan gebruik en tog in elk geval eintlik kampers is en nie huisiemense nie, moes ek die keer alleen wik en weeg. Ek is nie so sterk op my eie nie, en so het ons die afgelope naweek by Kol-Kol beland.


En ons is nie spyt nie!
Die huisie, Bugsy, het alles wat 'n huisie nodig het om dit 'n wonderlike cosy plekkie te maak. 'n oop kaggel, en, die beste ooit, 'n hot tub op die stoep!

Die afwerkings is "rustic" en uniek - hierdie is bv die stortkop.


So 'n bietjie werk om die aand 'n warm kaggelkie te hê..



Alhoewel die veld op die oomblik bietjie gebrand is, kom daar weer heelwat groen uit, en ook 'n paar blomme.



Ons kry binnekort ons nuwe veldblomgids - dan gaan ek die regte botaniese naam van elke blom wat ons post bysit.

Geen opmerkings nie:

Projects