09 Augustus 2010

Nou weet ons ook waar Gifberg is!


Ons het die naweek gaan soek na Gifberg. Wel, Sondag en Maandag anyway. En ons het eers Maandag so lunchtyd daar uitgekom. Ons het wyd gaan soek. Sien die kaart. Die hele Sondag in die reen - so ons berge-visie was beperk. Het gaan draai by Papendorp, waar dit so koud en guur was dat ons net oor die duine gaan loer het na die see, 'n paar cool klippe opgetel het wat Riaan in 'n beeltjie vir die bergclub moet gebruik, en toe so vinnig as moontlik weer teruggeklim het in die bakkie. Ons het (tot my spyt nou) besluit dat Doringbaai en Strandfontein ons nie die naweek gaan sien nie, en teruggedraai na Lutzville. Vanaf Lutzville het ons 'n baie cool pad gery, waar ons net een ander motor teegekom het. Dit was die R358, vanaf Nuwerus na Kliprand. Die pad was so stil dat ons lekker so 4uur se kant kon aftrek en 'n middagslapie vang vir so 'n uur agter in die bakkie terwyl dit sous, en niemand het ons gesteur nie. Wat ons later agterkom toe ons na Google Earth kyk, is dat hierdie middagslapie reg by Gifberg was. Maar nie die ene wat ons gesoek het nie - daar was op die ou end twee!

Die pad loop deur die Knersvlakte. Daar is niks, maar ek love dit. Soos tannie Chrissie Esterhuyse sĂȘ: dis so wyd soos die Heer se genade. Bossies en sand en hier en daar 'n kliprand. En heinings.. en volstruise en skaap.Dit is 'n plek waar mens baie mooi moet kyk om te sien dat daar eintlik ongelooflik baie is, mens moet net jou visie skuif van baie groot na baie klein.

Ons kampplekkie. Ons het nie gewaag om die hek oop te maak nie, daar is baie mooi uitgespel wat met ons sal gebeur. Of liewers, nie wat nie, maar DAT daar iets sal gebeur. Soveel meer onheilspellend...


Die mooi uitsig vanaf ons kampplek vanoggend na 'n nag se reeeeeen.

Moertoe die verte in....
Ek probeer die Yolandi- en- die- rooi- Texas-motor pose namaak.


Treinspoor in die mis.

Ons het darm nog bietjie blomme ook gesien, al wou die weer nie so mooi saamspeel nie.



En, uiteindelik vind ons hom. Gifberg!

Wie't 'n 4x4 nodig! 'n Toyota bakkie kan Enige Plek ry. Mm, behalwe as die drywer nie wil nie..

Baie cool boesmantekeninge hier!

En soos gewoonlik met 'n trippie Noord, het ons die naweek afgesluit met 'n lekker koffie by ons goeie vriende die Oberholtzers. Wat vir 'n rukkie nou al 3 is!

Geen opmerkings nie:

Projects