07 September 2010

Mia en die dikkoppe

Ons het 'n inwonende paar dikkoppe wat baie territoriaal is en glad nie bang is vir katte nie. Ek het hulle vanoggend dopgehou.

Hulle hou hulle afstand terwyl ek regop staan.


Maar voel baie duidelik meer in beheer wanneer ek plat op die grond sit. Hier het hy homself bietjie opgepof en vir my gekrys - maar nog nie te naby gekom nie.


Mia probeer hard om nes die grond te lyk...


Ek was net te laat met die kamera, maar sien die vlerk in die regterhoek!


Mia is nie gelukkig met waar sy in die hirargie is nie. (Maar wat kan 'n kat nou maak teen twee kwaai voƫls?) Ook nog minder gelukkig daarmee dat sy afgeneem word terwyl sy teen die relatiewe veiligheid van die muur skuil. Praat van ruffled feathers op 'n kat!

Geen opmerkings nie:

Projects