04 September 2010

Ministry of Food


Ek het Woensdag begin om Jamie se Ministry of Food deur te werk, stukkie vir stukkie. Eks nog by 20 minute meals, en definitief nie naby Jamie in terme van skill nie, want dit vat my nogal redelik langer as 20 minute! Die Spicey Moroccan Stewed Fish with cous-cous (bl26) is hoogs aan te bevele. Ek het die chicken tikka op bl. 28 geskip, want ons is baie sleg met brand-kos. Donderdagaand was dit die Chicken and Leek stroganoff (bl. 34), maar daar was iets missing. Dalk omdat ek vergeet het om sout in die rys te gooi...


So vanaand s'n het ek op Irma se voorstel van 'n foto geneem, en hopelik is Riaan netnou nog wakker genoeg om sy kommentaar by te sit.

Dit was Prawns and avocado with an old-school marie rose sauce. Daar kom whiskey in die sous, en ek moes my Pig's Nose whiskey wat nog van Skotland af kom (2002), en wat sĂȘ 5 years matured (wat dus nou 13 jaar is), gebruik. Ons is nie groot whiskey drinkers nie.



---


Riaan se komentaar:
1. Sousie en shrimps was heerlik... 10/10.
2. Avo is nie heeltemal my gunsteling nie.
3. Die britse ministerie (Jamie) moet maar bietjie kyk na die randsoene. As dit nie vir local management was nie, wat 'n bietjie eksra slaai gemaak het nie, sou die Doorduine vanaand honger gaan slaap het.

Geen opmerkings nie:

Projects