05 September 2010

Om om te spit of om nie om te spit nie..

Ek hoop Baas Arend, aka die ontvanger van inkomste, aka my skoonpa (wat die expertste expert op die groei van goete is wat ek ken) sal hierop kommentaar lewer (en ek hoop my skoonma, wat een van ons blog se mees getroue ondersteuners is, sal hom vertel dat sy kommentaar verlang word!) Spit mens nou deesdae die grond om of nie? Ek hoor daar is 'n nuwe teorie dat mens die lagies deurmekaar maak en omgewings versteur wat nie versteur moes gewees het nie. Maar so 'n nuut gespitte patch lyk darm vir my baie lekkerder groeiplek as ou harde grond. As ek 'n plantjie was sou ek dadelik my wortels hier wou inslaan.

Die enigste gevaar wat ek met omspit kan sien, is dat mens die goeie ertwurmpies dalk in twee kan spit. Maar ek dink ons het destyds in biologie geleer dat hulle dan net aanhou met lewe, so dalk is dit 'n goeie manier van ertwurmvermeerdering. Alhoewel dit nie vir my lekker lyk vanaf die ertwurm se oogpunt nie, so ek verkies dat hulle maar op die normale ertwurm-manier reproduseer.

Geen opmerkings nie:

Projects