Opgedra aan almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.

07 September 2010

Roasted Camembert Pasta

Lekker maklik, ek kon dit darm redelik binne die beloofde 20 minute klaarkry. En pine-nuts werk goed daarmee saam. Ek gooi altyd pine-nuts in alles. Dis nou as ek pine-nuts het. Want hulle is skaars. En duur. Dit is een van die goed in die non-essentials kolom in ons budget. Wat ons sal uitsny as ons begin spaar vir kinders se skoolfonds en so..
---
Riaan se komentaar:
Mmmm...... lyk of die minesterie my betoog gehoor het. Smaaklik, lekker, heilsaam en genoeg.
Die brie is so effens ryk.
Dankie my lief... dit was lekker!

No comments: