11 September 2010

Wakker nagte

hoekom ontwyk jy my?
ek gryp na jou
maar jy bly, altyd, net buite my bereik
ek roep na jou met my kop en my lyf
maar jy kom nie
en hoe meer ek roep
hoe verder weg gaan jy

Sodat ek moed verloor, en die lig aansit.

en soos ek lê met my boek, kom jy weer nader,
treetjie vir treetjie,
suutjies
tot ek jou voel raak aan my oë
my gedagtes uitmekaar trek
my lyf lam maak

stadig, om jou nie skrik te maak nie,
reik ek uit om die lig af te sit
stadig
ek probeer jou by my hou
maar saam met die lig verdwyn jy
is jy weg.

Jy, Slaap.

en my gedagtes begin weer van voor af maal.

- Aug 2001

1 opmerking:

Riaan van den Dool het gesê...

ai ja, ken ook daai gevoel...

Projects