24 Oktober 2010

Nog 'n 60 partytjie

Die slag is oom Bert die een wat 60 slaan. Ons het die fees by hulle in die tuin gehou - nog 'n pragtige tuin waartoe ons toegang het. Met aankoms moes almal 'n rondte deur die tuin loop en 'n paar take verrig.

Hier kon almal vir Anton, die tuinman, boodskappe los. Behalwe die gewone pragtige-tuin-hou-so-vol-boodskappe is daar ook genoem van nuwe trekkers en verhogings en dat hy geduld met die "Ou Man" moet hê.

Nou HIER het 'n paar interessante goed uitgekom!

Oom Tjeert meet kragte met die kwaai mannetjie.



Ouma met Mieke: Brett weet hoe om lig in te sit in die donker.

Gesinsfoto - almal moet baaaaie stil sit vir 20 sekondes.

Nog 'n speel-met-lig foto


Robbie as 'n baie jong weergawe van Oom Bert, en Riaan as die klient met 'n klomp demands.

Oom Tjeert lees een van sy epiese gedigte.

Oom Bert en Tannie Willy geniet die aand!

Mooiste tuine

Dit was ons naweek van in mooi tuine rondloop. Saterdagoggend by Brett en Ronel - hulle landlord doen met sy geld wat ek ook sou gedoen het as ek dit gehad het. Hy maak tuin. Op groot skaal. Dit is die soort tuin waar mens die plante kan hoor groei, waar mens hulle energie rondom jou kan voel as jy daardeur stap vroegmore. En daar is voëls en bye en goggas - dit is asemrowend.Die hele erf is 'n kloof (onbruikbaar vir landbou) wat hulle in 'n tuin omskep het. Met die huis amper bo - wat 'n uitsig!

Agter die huis is 'n groot fynbostuin, en agter dit 'n groot groot glashuis, en 'n clivia-skaduhuis.

'n Feetjie-rok kleur watsonia.

En 'n meer gewone kleur ene, maar nog steeds pragtig.

Die huis vanaf die glashuis.



Die boonste glashuis - daar is nog ondertoe op die erf. Ek dink die ene is so groot soos 'n rugbyveld, of so iets..

Clivia

Nog tuin

Dieramas, of grasklokkies. Dit is een van my heel gunstelingblomme. Ongelukkig hou hulle nie van my tuin nie.



21 Oktober 2010

Jamie-sop


Nog 'n Jamie special. Baie vullend - die paai-en-slaai vir hoofgereg was eintlik glad nie nodig nie! Ek het feta-kaas bo-op gesit in plaas van bulgaarse yogurt.
Van yogurt gepraat, ek het Dinsdagaand die Borscht resep van 66squarefeetfood uitprobeer. Dit was baie lekker. Vir die wat soos ek hulle al doodgesoek het na Juniper berries - mens kan Gin as substituut gebruik.

Happy...Us!

Laatmiddag

'n Bietjie werk...

Wel, Riaan het my skrywe van Dinsdag heel goed oorgeskryf nadat blogspot besluit het die post moet opsluit in Engels wees. Engels is een ding, maar uiters swak Engels (wat die gevolg is as Afrikaans direk oorvertaal word) wil ons tog nie mee spog op ons hoekie van die www nie.

Die stukkie wat hy uitgelos het, is dat dit middel van Oktober is en dit reën. Dit was Dinsdag. Vandag is dit effens meer na die einde van Oktober as toe. Ek luister nog steeds na Kellerman Colour. En dit reën alweer. Ek kla nie, dit beteken 'n onbeplande afdag vir my. Alhoewel ek vandag 'n afdag moes gehad het, maar moes gebeur selde soos dit moet. Kan nie stuifmeel versamel nie, want nat stuifmeel werk nie. Kan nie blokplanne opstel nie, want nat papier werk nie. By die huis bly en musiek luister en fliek kyk werk! En fotos uitsorteer. Hier is 'n paar fotos van die druiwekruisings van Maandag.

Eers moet die manne bietjie oefen, want meeste van hulle het nog nie druiwekruisings gemaak nie, en dit is fyn werk. En as jy die tros opmors kom jy dit baiekeer eers 3 dae later agter as jy die stuifmeel wil opsit.

Twee van die girls het dit al gedoen, so hulle kon maar voortgaan. Elke blommetjie moet individueel ontman word met 'n horlosietweezer.

Klaar ge-oefen, nou mag hulle maar begin.



19 Oktober 2010

Namtap: die blomme

Dis ongelooflik hoe baie verskillende veldblommetjies daar is!

'n Erica, maar watter een?

Protea laevis: Smooth-Leaf Sugarbush

Geen idee..

Die een ook nie

Spiloxene serrata

'n Tipe Tulpie?

Ek raai die is 'n tipe Sebaea..

'n Tipe Pelargonium (dankie Marie)

Nog 'n soort Erica?

Weet nie


Drosanthemum hispidum

Help!

Enige idees?

Bartholina burmanniana (Spider Orchid)

Lyk soos nog 'n tipe grondprotea.

Bobartia orientalis

Closeup

Closer-up

Arctotis diffusa: Roggeveld Arctotis

Een of ander sewejaartjie: Syncarpha of Edmondia.

Namtap!

Gits.... Kari het ons naweek se aktiwiteite opgeskryf en toe wragtig vertaal die blog dit sommer automaties in Engels.... Kan jy nou meer!


Elkgeval, so ek gee vinnig die kort opsomming:
1.Ons het vir die eerste keer vandat ons getroud is weer by Namtap 'n draai gemaak. Yes, ons was hier vir ons wittebrood vir 9 dae!
2. Ons het die Saterdag oggend so 11:00 begin stap en was in 'n japtrap voor middagete bo. Lekker middagslapie gevang en toe die omgewing bietjie gaan verken!
3. Die aand lekker kos gemaak en scrabble gespeel en die middag suiker suiker oor platberg teruggestap.
4. In Citrusdal vinnig na 'n kampeerplek gaan soek en middagete by Kardoesie genuttig.


Hier is so paar fotos:




Altyd eers die kaart bestudeer voor mens stap, ne!


Riaan wag so bietjie:

Kouebokkeveld tafelberg in die agtergrond, met Pa en Ma wat lekker stap:


Die hut:

..van binne:


Ek en my Kari:

Dit is die see in die agtergrond... nee wolke... nee see....


Scrabble:

Nog 'n verdieping in die kaart en identifisering van die omgewing.

Projects