21 Oktober 2010

'n Bietjie werk...

Wel, Riaan het my skrywe van Dinsdag heel goed oorgeskryf nadat blogspot besluit het die post moet opsluit in Engels wees. Engels is een ding, maar uiters swak Engels (wat die gevolg is as Afrikaans direk oorvertaal word) wil ons tog nie mee spog op ons hoekie van die www nie.

Die stukkie wat hy uitgelos het, is dat dit middel van Oktober is en dit reën. Dit was Dinsdag. Vandag is dit effens meer na die einde van Oktober as toe. Ek luister nog steeds na Kellerman Colour. En dit reën alweer. Ek kla nie, dit beteken 'n onbeplande afdag vir my. Alhoewel ek vandag 'n afdag moes gehad het, maar moes gebeur selde soos dit moet. Kan nie stuifmeel versamel nie, want nat stuifmeel werk nie. Kan nie blokplanne opstel nie, want nat papier werk nie. By die huis bly en musiek luister en fliek kyk werk! En fotos uitsorteer. Hier is 'n paar fotos van die druiwekruisings van Maandag.

Eers moet die manne bietjie oefen, want meeste van hulle het nog nie druiwekruisings gemaak nie, en dit is fyn werk. En as jy die tros opmors kom jy dit baiekeer eers 3 dae later agter as jy die stuifmeel wil opsit.

Twee van die girls het dit al gedoen, so hulle kon maar voortgaan. Elke blommetjie moet individueel ontman word met 'n horlosietweezer.

Klaar ge-oefen, nou mag hulle maar begin.



Geen opmerkings nie:

Projects