24 Oktober 2010

Nog 'n 60 partytjie

Die slag is oom Bert die een wat 60 slaan. Ons het die fees by hulle in die tuin gehou - nog 'n pragtige tuin waartoe ons toegang het. Met aankoms moes almal 'n rondte deur die tuin loop en 'n paar take verrig.

Hier kon almal vir Anton, die tuinman, boodskappe los. Behalwe die gewone pragtige-tuin-hou-so-vol-boodskappe is daar ook genoem van nuwe trekkers en verhogings en dat hy geduld met die "Ou Man" moet hĂȘ.

Nou HIER het 'n paar interessante goed uitgekom!

Oom Tjeert meet kragte met die kwaai mannetjie.



Ouma met Mieke: Brett weet hoe om lig in te sit in die donker.

Gesinsfoto - almal moet baaaaie stil sit vir 20 sekondes.

Nog 'n speel-met-lig foto


Robbie as 'n baie jong weergawe van Oom Bert, en Riaan as die klient met 'n klomp demands.

Oom Tjeert lees een van sy epiese gedigte.

Oom Bert en Tannie Willy geniet die aand!

Geen opmerkings nie:

Projects