24 Desember 2011

Real Programmers

Bietjie random, maar ons sit hier by Pringlebaai en wakker word; koppie koffie in die hand; en click rond op die internet... toe kry ek het hier 'n paar links oor "Real Programmers"... ek is mal oor programering. Vir my is dit 'n tool en kuns. Tool: Om die werk gedoen te kry. Kuns: Om te kan waardeer as 'n ander programeerder iets werkliks mooi gedoen het.

Ek het al in 1988 met Basic begin programeer. En dus tog 'n bietjie van 'n waardering vir die baanbrekers in die bedryf en daarom die skrywe na aanleiding van die artikels getiteld: "Real Programmers".

Die eerste een is oor Mel:

Die tweede een... oor 'n emosionele skrywe...

Verder was daar 'n interesante dosent (Hans) op Stellenbosch wat vir ons Rekenaarstelstels gegee het... Hy het erens in 'n prakties vir een van die studente gese: "It always looks better in assembler..." Volgens oorlewering het hy 'n groot deel van die destydse Sun Sat se beheerstelsel in assembler geskryf... so yes hy kan...

My eerste werk was by Siemens en daar het ek die vooreg gehad om 'n paar jaar in Intel 386 Assembler te programeer.Dit was ook 'n enorme bedryfstelsel wat op die komunikasie links geleef het. En as jy hom kon lat ophang "pop ons 'n bottel sjampanhe"... wat natuurlik nooit gebeur het nie. Hier het ek by van Duitsers rerige mooi kode gesien en ook dat assembler 'n kuns vorm kan aanneem. Daar het ek wel 'n balangrike les geleer... jy kan ongelooflik optimering doen, maar as jou kode onverstaanbaar is dan maak jy dit net moeiliker vir die ouens wat jou werk moet onderhou. So tenspyte van wat die gurus se.

In 2005 het ek by Prism begin werk en daar was drie ouens wie se kode ek ongelooflik geniet het. Dit was in C geskryf en baie mooi. Colin Tebutt, William Hunter en Gary (bietjie lank terug... kan nie mooi onthou nie...). Elkgeval dit is waar ek seker van die meerste oor programering geleer het en amazing goed gedoen het. Ek dink Colin en Will is van die "Real Programmers" waarvan hulle praat...

'n Laaste van die kaliber programeerders is Niki Steenkamp. Hy het ons Sundibili-Sat uit 'n penarie gered:

Nou ja... lekker om so bietjie te kyk na 'n paar van die "hard-core" ouens by wie mens kon leer en raak opgewonde as mens sien hoe nuwe tegnieke vorentoe ontwikkel.


15 Desember 2011

Perdjie ry saam met Tannie Liesbet







Kuier met Liesbet en Dirk


                                                      Moet ek REGTIG met hom speel?

       
                                               Ok, maar net omdat hy cool speelgoed het!

Ooit gedink...

mens sal se jou eie kind lyk soos 'n duiweltjie? Veral as hy nog net 5 en 'n half maande oud is?

11 Desember 2011

En eet..



Maar appelkose en patat smaak beter. Dink ek.., nog nie so mooi seker nie.

Speel...

                                                          Wil iemand 'n ROOI bal hê?

Of 'n perse

                                                                    Die perse is cool
     
                                                                   Mens kan dit eet ook

28 November 2011

Slanghoed



Vincent is so 'n gelukkige knapie. 'n Mens kan enigeiets met hom aanvang, en hy speel lekker saam. Behalwe as hy moeg of honger is...

06 November 2011

Grande Roche

Ons het lekker Sondag oggend gou 'n ontbytjie gaan eet by die Grande Roche hier in ons ou agterplasie.
Wat 'n deftige afêre. Maar die kos (omelet) en koffie was goed, uitsig great en geselskap van uitstaande gehalte... so ons sal weer gaan!


01 November 2011

Tea Under the Trees

Die weeklikse Doorduin - Van Daalen uitstappie was vandag na 'n pragtige plaas in Noorder Paarl - waar mens onder massiewe akkerbome in 'n baie mooi groen en welige tuin kan sit en tee drink. (Hulle het koffie ook - ons het dit probeer net omdat dit baie belangrik is om te weet hoe elke plek waareen ons gaan se koffie smaak. Ek was dom genoeg om 'n cupochino met room te vat - meer room as koffie). Daar is baie baie soorte tees, though - en by 'n plek met die naam Tea under the Trees, moet mens seker eerder die tee vat.




Ons kinders het bietjie rose gekyk en geruik, en ek moet so baie fotos post want hulle is net almal SO mooi!

Pa en seun



Aaag is dit nie 'n pragtige fototjie nie?? Al kyk Vincent vir sy ma en nie vir die kamera nie.

Juno's middagete saam met die Bootsma's

Dit was die Bootsma's se tweede laaste dag in Paarl, en ons het 'n stappie gaan maak in die hoofstraat af om die tafels te sien wat vir Cultivaria gedek sou wees (het ek gedink). Nadat ons 'n redelike entjie van Riaan se werk af gestap het, en by die Cultivaria kantoor gaan inloer het, kom ons toe agter die etery was reeds Donderdagaand, en nie Saterdagaand soos ek gedink het nie. Toe gaan lunch ons maar by Juno's. 


Vincent het die Cultivaria tydskriffie van voor tot agter deurgelees.



Nog 'n suurlemoen-episode.

26 Oktober 2011

23 Oktober 2011

Kuier met Ouma en Oupa


De magtige koning van storm en van wind is de Arend geweldig en groot...(mmm, en een klein)