20 Februarie 2011

Fierce

FIERCE
By Ian McCallum

I like the word, fierce –
the way it aligns itself with
nakedness and solitude:
a fierce nakedness ...
a fierce solitude ...
And I like the way it holds
the word, fire.

I like the word, fire –
the way it ignites
the cutting edge of poetry
refusing to be nothing less than
a fiery edge …
a fiery tongue ...
And I like the way it is linked
to the word, wildness.

I like the word, wild –
how it weaves its way
between yes and no,
how it announces itself as
a wild anger …
a wild joy …
And I like the way it nurtures
the word, fierce.

I like the word, fierce -

Kirstenbosch

Ons het altwee gevoel hierdie is een van die mooiste beeldhouwerke wat ons nog gesien het. Hy het al die beeldhouwerk gedoen van die Untamed uitstalling in Kirstenbosch, en gemaak deur Dylan Lewis. By die hoofuitstalling, is daar ook die mooiste gedigte deur Ian McCallum. Ek dink die een is deel van sy Predators & Prey.

Die Hunters


Saterdag het ons bietjie gaan leer by ons vriende William en Gytha. Ethan is nou so amper 6 maande, en hulle laat ouerskap baie maklik en lekker lyk! Hy is selfs al gepotty-train!


U(s)2..

Was groot en loud. Amazing verhoog en ligte, maar ons dink hulle is al 'n bietjie doof van al die baie optree en kan nie meer hoor hoe hard is nou eintlik aanvaarbaar nie. Maar dalk is ons net agter die klip, dis ook heeltemal moontlik. Ons het geleer mens moenie probeer om enigiets eetbaar in so 'n konsert in te neem nie. Of nie as jy nie bereid is om dit te verloor nie, elkgeval. Hulle wou tot ons Halls swieties afvat wat Riaan vir sy keel ingepak het. Ons moes dit of afgee, of die hele pakkie buite staan en opeet. Gelukkig was die tweede search nie so goed nie en hulle het nie agtergekom ons het dit net in ons broeksakke gedruk nie. Maar ons is ons koekies kwyt, en amper ons Jungle Bars ook, maar die het ons toe nou maar buite staan en opeet.

Dit was 'n baie lekker vibe en cool om te sê ons was daar, maar mens kan hulle beter hoor op CD teen 'n paar desibells laer. En Bono het ook vasgehak op SA se 1994 politiek, en besef seker nie dat ons ook aanbeweeg nie. Dink hy moet maar bly by musiek en nie te veel in politiek ingaan nie.







'n Vriendin se weergawe van die konsert:

2011-02-19

Pollie gaan konsert toe

Ek weet nou hoekom ek so ruk-stuk-stuk geskryf het die afgelope jare. Ek moet glo uit my hart skryf, maar om dit te doen, moes gisteraand eers gebeur. Ek moes eers uit die kas klim. Ek staan en vind mos toe my wortels en maak diep vrede daarmee, raai waar? By die U2-konsert. Ja, ek was daar teen R900 ‘n kaartjie. Nee, nie self betaal nie – gelukkig genooi deur ons bank. Dit is omtrent soos om vir my pa ‘n vadersdag-geskenk by die koöperasie te gaan haal op rekening. Jy het nie ‘n graad in rekeningkunde nodig om te weet wie betaal dit eintlik nie, maar ons was DAAR, so wie bederf nou so ‘n sprokiesaand met feite?

Vrydag was blouerig (of rooierig, miskien). Die oggend was ontbyt ‘n perske en vir die res van die dag was ek so naar oor die verloop van die dag, dat ek nie weer kon eet nie. Ek woed toe deur die swartgallige oggendvergaderinkie, jaaaaaag deur skool toe vir die gala waar ek met ‘n gesonde middagete opdaag vir die swemster, jaaaaaaag deur Hoërskool toe om oudste te gaan haal, jaaaaag weer terug gala toe. Ek is darem toe net betyds vir die vlinderslag van 50m wat sonder genoeg oefening op ‘n bykans verdrinking gaan draai. Jaaaaaag terug huis toe, stort, pak die kinders en hulle oornagsakkies in en lewer hulle af by vriende. Dit is hulle eerste uitslaap-aand; ja, ek is ‘n oorbeskermende ouer.

So met die aflaai, laat val Jan dat hy eeeerlikwaaar nie weet wat Calvinia by U2 gaan maak nie, want sover hy weet het U2 nie Calvinia gehaal nie en ook nie Fauresmit waar hy vandaan kom nie. Maar nee, ek en Kola jive sommer net daar vir die sports en spring in die blink wa.

Ons sleep deur na die Waterfront in twintig minute en stop stiptelik om vyfuur in ‘n gemaklike parkeerplek op die rand van die hawe. Manlief reken ons sal die terugverkeer so uitsny. Die plaaslike bergies hou hul warm lywe U2-konsertaanwysers. Met “my Lani, regs voor en straight, reguit aan”, vat ons die lang pad stadion toe, op ‘n vrolike drafstappie. Die son pik so effens in die blaaie, maar as gees kan nie geblus word nie, want ons is mos op pad U2 toe.

Nodeloos om te sê, raak die stappie ‘n stamina-trekkertjie, want eintlik kry ons die res van die genooides by ‘n “lounge/bar” daar teen die hoofstraat van Seepunt af. Ons kom sopnat gesweet daaraan, hou ons “pose” en probeer mingle met die mense. Danksy my vars highlights skakeer ek in, maar in my hart weet ek, ek ken nie van kuier in so ‘n joint nie. Die musiek is oorverdowend (seker om ons byvoorbaat doof te maak vir die konsert), die mense skree oor en weer vir mekaar “urban conversation lines”, maak of hulle hoor en gryp flink kos wat onverwags in klein bakkies verby jou flits.

Ek en Manlief spits ons hoofsaaklik toe op die happies, want ons is beide hopelooslik honger met die ver ontbyt en die lang stap. Calamari, spaghetti en prawns, lams-tjoppies en prego rolls. Ons kuier vir twee uur op die manier, my keel is effens hees geskree, want ek is lief vir gesels. Uiteindelik is ons op pad na die konsert se voor-konsert.

Daar gekom, staan en skree ‘n middeljarige, nat geswete blondekop man terwyl die dromme en ghitare hom doodspeel. Ek weet nie of hy engels of Afrikaans sing nie. Die een kollega merk op dat Gmmrff Carssssis nou heel anders lyk en êrens hoor ek iets van Springbok Nudes, maar ek kan rêrig nie uitmaak nie. Teen die tyd probeer ek nie eers meer intelligent lyk nie, ek grens aan desperaat en konsentreer op “my circle of influence”: ek druk fluks tissues in my ore. Ek het heel aand effens dom voorgekom (blond boon-op ook), maar ek is vasbeslote om my gehoor te behou. Eers toe die sanger sy heel laaste liedjie uitskree, vang ek een lyn wat klink na ‘n advertensie-deuntjie en toe weet ek darem ook: dis Arno Carstens wat sy hare laat groei het. Ek is opnuut spyt dat ek hom net kon sien en nie hoor sing nie, want hy sing eintlik heel gaaf.

Raait, nou vir die groot oomblik. Op die tegnologiese wonder van ‘n verhoog begin mense rondskarrel soos miertjies. Op die reusagtige flat screen tik ‘n horlosie met verkeerde tyd die minute af. Voor ons ons kom kry is ‘n halfuur verby. Toe sleep die horlosie in die teenoorgestelde rigting en toe ons weer sien, is nog ‘n halfuur verby. Dis halftien en U2 gaan kom sing.

Die band kom op in wit geklee en die manne lyk regtig netjies “gegroom” dat jy omtrent nie die tekens van die tyd opmerk nie. Een ou toppie is heel in swart met donkerbrille en ek vermoed hy is die nek van die plek. Almal spring en cheer en ek ook, want ons gasvrou sit reg langs my en sy is uit haar nate. Ek wil darem ook hê sy moet weet ek is Kobus se “hot chick”.

Dis toe hy sy mond oopmaak en die opening-song uitbulder, dat ek onbedaarlik begin lag. Skielik weet ek waar die fout gekom het. Ek het ‘n disleksie om bands te onthou (en filmsterre en labels). Gewoonlik weet ek om effens na te lees oor enige groot okkasie waarheen ons gaan, want dit is so dat “Hello Kitty”, my eers getref het toe my kinders klein was in die laat negentigs. Die keer, was daar nie tyd vir na-lees nie; die keer het ek U2 verwar met Modern Talking.

Jip, dit is ek. Ek hou van Sonja Herholdt en Carike Keuzenkamp en Laurika Rauch en Neil Diamond en Andrea Boccelli en natuurlik Modern Talking. Ek hou van baie engelse songs en italiaanse en franse liedjies ook, maar ek ken nie eintlik die sangers se name nie. Nee, dit het min te doen met Calvinia; dit is maar net hoe ek aanmekaar gesit is. Ek kan om de dood die mense se name onthou.

Daar staan ek toe, reg langs die gasvroutjie wat jive en wat kan ek doen: ek druk nog ‘n stuk tissue in albei ore en jive saam. Soms knyp ek my oë ook toe as die ligte te helder raak. Dit was werklik ‘n indrukwekkende lig-skou: ‘n digitale skerm wat uitrek soos daai plekmatjies wat mens onder die warm skottels op die tafel sit. Dan hardloop daar kleure en vorms en woorde oor daai skerm dat jy skoon see-siek begin voel.

Ek vang darem so ‘n klein tiende asempie toe ons “Amazing Grace” probeer saamsing. Twaalf-uur slaan hulle hulle laaste ghitaarsnaar en ek is so verlig dat ek dit nie kan verbloem nie. Tussen al die oorverdowende dromme en ghitare, het die ou toppie van U2 ‘n ding oor onderdruktes en demokrasie en oor HIV ook. Dit is nogal baie bagasie om saam te sleep in ‘n konsert, selfs al is jy so talentvol soos hy. Ongelukkig het hy laas in 1990 iets oor Suid-Afrika in die koerante gelees en dit voel effens uitgedateer om ‘n hele Desmond Tutu-toespraak te moet aanhoor.

Ons stap en stap en stap motor toe. Die bergie vloek die “#%@$ kaffer”, omdat hy die fooitjie wil hê. Ons gee maar vir die swartetjie die geld, want hy is immers nugter en lyk na ‘n Malawiër. Manlief se ore is seer en ek lek wonde omdat die eerste aand wat die kinders uitslaap, so verspil is. Op die “komplementêre geskenk-van-die-bank-CD” (volume net so effens bo 5, omdat party van ons se ore permanent beskadig is sonder tissue-oorproppe), klink die span heel gaaf en herken ek heelwat liedjies onder eie dak.

Uit die kas geklim, is ek nie “cool of mod of hip” nie – maar dit het almal tog maar eintlik altyd geweet. Ek wil maar net sê dat ek my nou ook daarmee versoen het.

Wenke om jou tiener “cool en mod en hip” te laat lyk as jy nie is nie, is baie welkom.

- Zelda Esterhuysen


Plaasverkeer

Donderdag was daar weer baie verkeer op die pad..


06 Februarie 2011

Sonar

Hierdie week is ons kleintjie al 17 weke oud! Sjoe tyd vlieg vinnig! Hy groei mooi en is groter as die gemiddeld. Yes dit is 'n bulletjie! Maar vir sy naampie moet almal maar wag vir die D-dag!

Corné se 2-tot-die-mag-5 verjaardagete

Nog 'n ete by die Van Daalens, met die standaard wonderlike (en baie) kos. Baie funny om te dink oor 'n jaar is daar nog 3 kiddies oor die vloer met die tipe kuiers! Die drie weet dit nog net nie, maar hulle het al almal baie oulike wetsuits, en planne word gemaak vir kinderstoeltjies op surfboards en kayakke!

Liesbet met die (twee) groot pasteie (hoe groot is groot nou eintlik?)

Mens kry wel alkoholvrye bier, hoor!!