13 Maart 2011

Cool Baba Apps

Yep, die geboorte ding bly tog maar 'n wonder en ek is elk keer met 'n nuwe stukkie vordering in bewondering oor alles wat aan die gebeur is met ons nuwe kleintjie en sy Mamma!

Gelukkig vir Pappa staan die tegnologie ook nie terug vir enige iets nie. So het ek op die volgende app afgeklom  wat hopelik gaan help met al die timing en so...

Hier is die link na 'n blog wat skryf hoe ding inmekaar sit.
http://victorpalau.wordpress.com/2010/05/16/free-symbian-app-baby-countdown/

Nuwe fototjies van ons skaam seuntjie




Die tegnologie is darm amazing!

12 Maart 2011

Een van die mooiste plekke in die wêreld

André Rieu

Dis darm great as mens ewe skielik Donderdag 'n sms kry wat sê: Ons het André Rieu kaartjies, kom julle saam moreaand? 'n Lekker aandjie van pragtige musiek! Dankie Brett en Ronel, (wat op die ou end vir ons genooi het) en baie dankie aan Roy wat die kaartjies verskaf het!









Rugsakoefeninge


Riaan oefen bietjie met baba Daleen van Wyngaardt hoe mens 'n baba in 'n rugsak dra. Baie anders as 'n gewone rugsak wat soet en stil op mens se rug sit!

'n Baie vreemde gesig

Ek en Marlie ry Woensdagmiddag terug van Citrusdal af Malmesbury toe, en net voor Piketberg ry ons verby twee Arabiere wat met kamele loop langs die N7. Ek dink ons het altwee 'n klassieke double-take gedoen, en so 5 km verder besluit mens kan nie net verby so iets ry nie, ons moet omdraai en gaan hoor waarheen hulle op pad is en waarvandaan hulle kom!
"Turns out" hulle is deel van 'n groep wat loop met kamele en Bybels insamel. Hule het in Kakemas begin en is oppad Stellenbosch toe. Ek hoop hulle ry soms ook op die kamele, want dis darm ver se loop! Hulle het ook 'n facebook link: http://www.facebook.com/pages/Camels-on-a-mission-Kameelsafari/179497555422786









01 Maart 2011

Die mooiste blom in my tuin

Spider Lilly

Nog 'n keer Driehoek

Selfde plek, ander geselskap. Die slag saam met Pa en Ma van den Dool. 'n Heerlike ontspanne naweek met baie swem. Dit was warm!

Die manne durf 'n fietsritjie aan in die laatmiddaghitte.

Die heerlike poel met lekker koue water, ek is verbaas dat daar 'n tyd was wat daar geen mense in was nie. Dit moes net 'n paar minute gewees het.

Riaan die luiperd! 'n Ou luiperdvanghok op 'n staproete.

Op pad terug verby twee bokkies gery - hulle was ook maar lui vir weghardloop agv die hitte.

Projects