23 Julie 2011

Eerste bottel


Pappa kan ook kos gee!

Maatjies

Saam met klein Colyn en Dirkie - besig om die wêreld se probleme op te los!

Badtyd

Vanoggend moes ons vinnig 'n bad-geleentheid inwerk.. noodgedwonge. Ek sal nie verder uitbrei nie! Dit was toe eintlik 'n heel lekker bad - die aan en uittrek is altyd sleg, maar verder was die mannetjie heel happy.

Hierdie kan dalk net 'n klein klein bietjie lekker wees...

Maar ek is nie altyd so seker nie.

Lekker skoon, knuffeltyd!

19 Julie 2011

Kuier by Pringlebaai



Kuier by Oupa en Ouma Pringles


Ons het die wrap uitgefigure!

Oom Stef en tannie Yolandi was ook daar.






11 Julie 2011

Kommunikasie

Aan almal wat vir klein Vincent wil verwelkom in die wereld: Sy pa het dit goedgedink om 'n paar maande terug al vir hom 'n eposadres te skep: vincent.doorduin@gmail.com
Julle kan vir hom mails stuur, en hy sal dit eendag kan lees as hy groot genoeg is. Daar is al 'n paar baie oulike boodskappe van die familie in Holland! Dankie julle! Ons waardeer dit baie, en ek dink dit gaan vir hom super cool wees om dit te lees wanneer hy eendag oud genoeg is (wat sy pa reken is al so op 4). Kyk, die mannetjie moet begin gras sny en help met houtwerkdinge!!

Van my kant af..

'n Paar fototjies - mens kan darm nie genoeg kyk na so 'n klein, perfekte babatjie nie. En as dit nog joune is ook, dan kan mens maar net heeldag kyk. Dit is wat ek doen op die oomblik terwyl my wonderlike man baie mooi vir ons sorg en al die huishoudelike take en admin doen (plus nog 'n bietjie tyd by sy werk spandeer), ek kyk vir my baba. En huil elke nou en dan so bietjie omdat hy so mooi is! Maar hulle se 'n mens mag maar.

Dis as hy my so stip aankyk, dat ek maar 'n paar trane kry.

Met 'n pragtige kleertjie van sy familie uit Holland


Hy lyk heel gelukkig by sy tannie! Wat binnekort vir hom 'n nefie gaan verskaf. Seker die dat hy so bly lyk!!

10 Julie 2011

Vincent by die huis

Lekker om so ou ekstra asempie hier te he. En yes, alhoewel hy meestal rustig is, is daar niks fout met daai asempie as hy ongelukkig is nie: Hy sal vir Paverotti 'n go gee!

So, ja dinge beweeg lekker rustig hier en hier is so paar fotos:

Vincent Arend Doorduin - Eerste dae...

04/07/2011
Vincent Arend Doorduin is vanoggend om 23:43 gebore. Dit was inderdaad 'n klomp werk van Kari se kant af, maar saam met die doktors en span het klein Vincent gesond die lewe binne gekom:
'n Volle 3.6kg. Hier is die bewys:


05/07/2011
Die eerste daggie was lekker. Al die SMS'e en groete. En die Oumas en Oupas het ook kom kyk!
Is hy nie pragtig nie?
06/07/2011
En toe is dit tyd om huistoe te gaan... Daarvoor het ma vir hom 'n spesiale pakkie saamgebring!
07/07/2011-
Nou is ons tuis! Dankie vir almal wat so kom inloer het! Dankie vir almal wat boodskappe en seenwense gestuur het! Dit beteken vir ons baie.
Nou moet Vincent net lekker groei en die ander nefies en niggies ook dat hulle lekker vinnig kan saam speel!

02 Julie 2011

Uitstappie in die reen


Liesbet kom kuier met Dirkie, en dit reen, maar ons is nie bang nie, en gaan kyk na 'n plekkie baie naby aan ons huis waaroor ek al 'n lang tyd wonder. Ons ry eers tot naby die venster, en sien 'n welkom bord, en 'n gas-heater. Die plek adverteer "coffee shop and deli". Ons dink dit lyk nie te sleg nie, en maak die dash in deur die reen.Dit was 'n fout. Die museumpie aan die koffiewinkel was heel oulik om een keer te sien, maar die koffie, koekies en broodjies was erg teleurstellend. Die cuppochino was van die Nescafe sakkies, die koekies was uit daai groot pakke waar daar so 100 koekies in is vir R20, en die broodjie, wel, daar was iets snaaks aan wat ons nie kon identifiseer nie. En ook nie te hard probeer doen het nie.
Nou weet ons dit ook.

Na 'n draai deur die dorp om te gaan kyk of die Hollandse slagter krokette en ander interessante dinge het, en om nog 'n koffieplek te gaan soek, kies ons maar eerder die veilige opsie en kom drink tee by die huis voor 'n kaggel. En sodat Riaan bietjie kan oefen met Dirkie hoe om 'n baba vas te hou.

Projects