31 Augustus 2011

Ons klein beach baby


Dit is amazing om te sien hoe vinnig so 'n babatjie nuwe dinge leer. Hy gesels elke dag meer, en is besig om sy hande te ontdek. Dis so oulik!

Nog 'n lekker slaap-posisie


Vincent met sy nuwe speelgoed

Ons het'n baie lekker shopping trip gehad saam met Liesbet en Dirkie - Toys R Us, Baby City en Kids Emporium. En ons het vir mamma baie speelgoed gekoop waarmee Vincent ook kan speel. :-)



Die babas van die huis


Die kat is net soos 'n ouer sussie wat ook moet aandag kry wanneer Vincent aandag kry!
Dit sorg vir 'n cozy voedingstyd!

Liesbet se verjaardag

Twee naweke terug het ons weer lekker by die van Daalens gekuier vir Liesbet se verjaardag. Die variasie koek (alles selfgebak in die vroee oggend of middernagtelike ure wanneer Dirkie slaap) was baie indrukwekkend!

Pappas en seuntjies

Liesbet met Dirkie en Telani met Vincent

29 Augustus 2011

Noodhulplesse


Liesbet het twee naweke terug vir ons 'n baie oulike noodhulpklas aangebied. Hopelik kry ons dit nooit nodig nie, maar dit is goed om te weet.
'n Lap aap en 'n lapskaap was die gewillige demonstrasie en oefenmodelle.

28 Augustus 2011

Terugblik op die verlede

Met kleintjies is mens mos maar geneig om bietjie terug te dink aan dinge in ons jeug. Dus toe ek vandag 'n nuusbrief hier lees van Laerskool Courtrai (www.courtrai.co.za) en Paul McCartney se "We All Stand Together!" gekombineer met Rupert die Beer sien, het dit baie herinneringe teruggeroep. Ek het die video op You tube opgespoor....


20 Augustus 2011

Die mooiste seuntjie


Sleeping on the job..

Hy gaan ons eendag sue vir die ene!

So slaap mens...


By die ander Ouma!

Nefies

Juan Adriaan van den Dool (gebore 25 Julie), en Vincent Arend Doorduin (gebore 4 Julie). Sulke groot name vir sulke klein dingetjies. Keith het vir Vincent "Doordingetjie" gedoop. Dan is Juan seker Dooldingetjie! Ek kan nie glo Vincent was ook so klein soos Juan nou is nie!!

11 Augustus 2011

Wynproe by Laborie


Mens kry darm ook baie tyd om lekker dinge te doen, saam met 'n babatjie. Dis lekker om altyd 'n companion te hê, al kan hy nog nie dinge soveel waardeer nie! Hy het darm seker bietjie van die wyn deur sy melkies ingekry, ek wonder of hy daarvan gehou het. DAlk is dit hoekom hy gisteraand omtrent sy hele voeding uitgespoeg het!

Ek en Vincent en Ouma Marti het by Laborie hulle nuwe sjokolade en wynproe gaan doen. Dit is nogal aan te beveel! PRagtige dag, mooi uitsig, en lekker wyn en sjokolade! Wens net hulle was nie so suinig op die sjokolade nie...

03 Augustus 2011

'n Paar fotos deur Brett

Na 'n lekker ete (ons eerste uiteet vanaf 5 Mei) en kuier by Hillcrest Berry Orchards, het Brett vir ons 'n paar fotos geneem.








Die een is op tannie Ronel se maag - Vincent en Benjamin wat hulle eerste chat het

02 Augustus 2011

Scientific Progress goes Boink

Ons het vandag Vincent se Potty Training equipment gekry... Kan nie wag vir die laaste doek nie...

Projects