26 September 2011

Sussies en Nefies


Ons en ons babas!
Die verskil tussen 'n 11 weke baba en 'n 1 week baba. Vincent het by Benjamin kom speel, maar Benjamin wil net slaaaaap!

18 September 2011

M.Sc.Ing, soek V.rou

Wat soek 'n vrou in 'n man? Wel... laat ons nie die vroue lesers van ons blogs teleurstel nie:

1. Looks: Almal wil 'n "Sjarmante Prins he!":
2. Handig in die kombuis: (Voorbeeld van 4 uur potjie op die stoof! Mmmmmm! En ons het ook nie van die beskuit vergeet nie!)3. Hy moet haar kan beskerm: (Check net met watter "gym" toerusting oefen hy!)4. Visie: Met 91 speels (9.2m apperture) tot sy beskiking is 'n aandjie onder die sterre nie 'n probleem nie...5. Hy kan jou met jou rekenaar help: 'n Man moet weet hoe om die regte knoppies te druk.
Belangstellendes: Stuur asb julle aansoek via die komentaar.

Sutherland Naweek

Laasnaweek het ons die eerste keer 'n naweektrippie met Vincent aangepak wat nie na Oupa en Ouma in Pringlebaai was nie. Ons het vir Keith in Sutherland gaan kuier. Die doel van die uitstappie was tweeledig - om by Keith te kuier en te sien waar hy woon en werk, en om die blomme in die Karoo te gaan kyk.

Saterdagoggend het ons tydsberekening baie mooi uitgewerk - klaar ingepak was Vincent net mooi op oggendslapietyd, en het heelpad tot op Ceres salig in die kar geslaap. Dit moet baie snaaks wees vir babas om op een plek aan die slaap te raak en dan heeltemal op 'n ander plek wakker te word. Ek wonder hoe beleef hulle dit.
Anyway - lekker by die Murrays gekuier, en vir Vincent moeg gespeel. Toe sy koppie weer knik hom vinnig ingelaai en verder gery. Hy het geslaap tot op Sutherland.
Ons het baie mooi blomme oppad gesien - heuwels vol pers met oranje en wit kolle.

Oral waar mens kyk was dit pers van die vygies.

Die wit en roomkleur blomme was ook mooi

'n Mooi kliprand
'n Interessante pan..
Ons wou graag 'n mooi foto van Vincent tussen plate blomme geneem het, maar was op die ou end te chicken om hom wakker te maak oppad. Hierdie is naby SALT, ons het Sondag gou 'n draai gery, en net vinnig by 'n paar blomme uitgeklim want daar het 'n vrek koue wind gewaai.


Saterdag met sonsonder het ons 'n vinnige stappie gemaak. Die wind was ysig koud en Vincent het nie so baie daarvan gehou nie, so ons het maar omgedraai en nie ons beplande sirkel gestap nie. Wel mooi uitsig op die teleskoop gekry, en gesien hoe die dak oopmaak.

SALT aan die binnekant. Die spieels is 1m in deursnit, en konsentreer die lig op die CCD. Daar is 'n hele spul van hulle, en net 4 spares. Die spesifieke spieels kan nie meer gemaak word nie, dit was te duur om die mold te hou, so as die 4 spares breek, moet die hele ding oorgedoen word!
Keith het ons 'n volledige toer gegee Sondagoggend. Dit is baie scary om op die walkway 3 verdiepings op aan die binnekant van die gebou rond te stap. Keith het ook die hele struktuur laat draai toe ons daar staan. 'n Baie aardige gevoel!


11 September 2011

"Life with Vince"

'n Paar fototjies van die laaste week of twee. Life with Vince, soos Yolandi dit noem!


'n Lekker bad saam met Pa

'n Lekker slapie by Ouma

'n Kuiertjie met tannie Rika

Donderdag was soooo warm. Ons het uitgekamp in die tuin - dit was 'n smakie van wat die somer vir ons te wagte is. Ons het die kinders omtrent uitgetrek en in hulle frokkies laat lĂȘ. Die mammas het lekker gekuier, hopelik sal die babas ook binnekort lekker met mekaar kuier!

Dankie Oom Piet en tannie Thea vir my geskenkies van Holland!!








Projects